Leesvordering:

Wêreldgids in Fokus: Nederland

Mei 12, 2021

Om in ’n nuwe land aan te pas, is ’n uitdaging. Wêreldwyd is hier om te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy kan wees in ’n nuwe omgewing is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir mense wat met ander wil sake doen nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak en almal net te ver is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te skep. Kleinsakeondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van die wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie maand fokus ons op sakeondernemings in Nederland wat jy kan ondersteun.

Charlie Wessels Fotografie

Ek is trots Suid-Afrikaans en ’n weermagveteraan – beide faktore wat ’n belangrike rol gespeel het in wie ek is en wat en hoe ek doen wat ek doen.

Ek het my eerste troue in 2005 afgeneem en sedertdien nog nie weer opgehou nie. In 2013 het ek besef die lewe kan regtig wreed wees en ons moet op die mooi in die lewe fokus totdat dit die seer laat vervaag. Ek het die leër inderhaas vaarwel toegeroep en ’n voltydse troufotograaf geword. Dit was destyds ’n moeilike besluit, maar die beste ooit. Om deel te wees van feesvieringe en die liefdesbande tussen familie en vriende te aanskou, hou my ná lang dae aan die gang. Dit is my missie om vir ander beter herinneringe te skep as wat ek het. Lees meer.

The Metal Muse

Ek is ’n piouterkunstenaar in Nederland waar ek die antieke kuns van repoussé beoefen; dit word ook repujado, piouter-bosseleerwerk of metaal-bosseleerwerk genoem. Ek werk graag in gemengde media as die geleentheid hom voordoen. Lees meer. 

Ubuntu Kuns-kafee

Ubuntu is ’n humanistiese filosofie oor toewyding en verhoudings tussen mense.

Sonder toewyding kan jy nie kuns skep nie. Kuns kom uit jou hart, uit jou intuïsie. As ek iets maak wat nie reg voel nie, verlaat dit nie die ateljee nie.

My kuns sluit in:

Lees ook Wêreldgids in fokus: Verenigde Koninkryk 

Foto: Michal Soukup (Unsplash)

 

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest