Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Nieu-Seeland

Nov 2, 2021

Wêreldwyd se Wêreldgids is so eg Suid-Afrikaans soos Creme Soda en NikNaks. Op die Wêreldgids kan Suid-Afrikaners in die buiteland uitvind waar hulle al hul Suid-Afrikaanse gunstelinge kan kry – van Afrikaanse kerke en dokters tot prokureurs en haarkappers.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te skep. Kleinsakeondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie maand fokus ons op ondernemings in Nieu-Seeland wat jy kan ondersteun.

Kiwibraai

Kiwibraai Ltd. voer reeds vir langer as tien jaar braaiers vanaf Suid-Afrika in en versprei dit dwarsdeur Nieu-Seeland. Met ’n Kiwibraai kan jy kos maak met houtskool of droë hout en dit kan maklik in ’n buite-vuurmaakplek omskep word. LEES MEER.

Swartkat

Aanlyn verkope van Suid-Afrikaanse goedere. Ons is twee susters van Port Elizabeth. Een van ons woon in Auckland en met ons gekombineerde agtergrond van mode en argitektuur het ons ’n aanlyn winkel begin. Ons weet daar is ander lekker mense wat oorsee woon, wat baie daarvan sal hou om iets te koop wat hulle aan die Saffa-humor en hul tuisland laat dink. LEES MEER.

Lenie Senekal – Estate Agent

Eiendomsagent by LJ Hooker in Cambridge, Nieu-Seeland. LEES MEER.

Monica Winder Photography

Fotograaf vir troues en portretfotografie. Ek is in Wellington, Nieu-Seeland gebaseer, maar kan reis. LEES MEER.

The Regal Shortbread Co.

Kreatiewe, weelderige gebak, lekkernye en heerlike konkoksies. LEES MEER.


Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest