Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Tinteltong Toekennings

Jan 25, 2022

In samehang met Internasionale Moedertaaldag, wat jaarliks op 21 Februarie gevier word, beloon Afriforum Sakenetwerk innoverende Afrikaanse ondernemings.

AfriForum Sakenetwerk bied in samewerking met Wêreldwyd ’n nuwe kategorie vir ondernemings in die buiteland aan. Stem nou vir jou gunsteling-Afrikaanse onderneming in die buiteland.

Boekwurm

Onderneming se naam: Boekwurm

Land: Boekwurm word uit Sydney, Australië bedryf. Ons lewer regoor Australië af, en kan ook in NZ aflewer.

Beskrywing: Boekwurm is ‘n aanlyn Afrikaanse boekwinkel wat aflewer regoor Australië. Ons fokus op kinderboeke, resepteboeke, Bybels en bybelstudiemateriaal vir gesinne – dié boeke wat eerder nie met digitale alternatiewe vervang word nie. Dis vir gesinne hier, sowel as familielede en vriende in Suid-Afrika, ‘n fantastiese, vinnige en gerieflike manier om hulle expat-kinders hier in Australië te bederf.

My hart is om mense in Australië opgewonde te help hou oor Afrikaans as moderne, dinamiese wêreldtaal. Met die 2016-sensus was daar al meer as 40,000 Afrikaanse huistaalsprekers in Australië. Dit sou waarskynlik sedertdien met immigrasie toegeneem het, maar die realiteit is dat die volgende generasie die Afrikaanse taal maklik kan verloor as ouers nie fokus op tweetaligheid, en doelgerigte Afrikaanse gesprekvoering nie.  

Op sosiale media deel Boekwurm dus ook gereeld Afrikaanse leermateriaal oor ons taal en kultuur – liedjies, woordeskat, doen-dinge, versies, geskiedenisbrokkies, tweetaligheid en algemene leerstof in Afrikaans. Ek stel dit alles saam en deel dit gratis met die doel om ouers in die buiteland te bemagtig om hul kinders informeel in Afrikaans te onderrig.

Ek doen vir die pret ook “30 second Afrikaans”-videos om mense wat graag Afrikaans wil leer, in klein happies te help oefen. My eie man het as volwasse Australiër leer Afrikaans praat, en dus is dit (volgens ons) vir enige ander toegewyde leerling moontlik!

Laastens wil ek graag, vanuit die buiteland, ondernemings in Suid-Afrika bly ondersteun. Dit is daarom vir my fantasties om ‘n wye verskeidenheid Suid-Afrikaanse uitgewers, outeurs en verskaffers se boeke en produkte hier in die buiteland te kan bekendstel.

Eienaar: Jeannie van Zyl. Ek het Boekwurm in 2021 tydens my kraamverlof begin, toe ons besef het dit gaan lank wees voor ons seuntjie ooit Suid-Afrika, of sy Afrikaanse oupa en ouma, in lewende lywe gaan sien!

Nederkaans

Onderneming se naam: Nederkaans

Land: Nederland

Beskrywing: Nederkaans bestaan meestal uit Afrikaanse T-hemde en dan ook dekorasie vir jou huis. Ek probeer om Afrikaans meer bewus te maak in Nederland en die Nederlanders vind die taal ook baie mooi en interessant.  Ek wil so graag hê mens moet hier darem iets van ons eie taal en kultuur kan koop. Veral as mens heimwee kry…dan is dit die beste medisyne! Ek onthou nie lank na ons hier arriveer het nie, het ek begin soek na iets bekends. Die beste wat ek kon sien se naam is Wereldwinkel, dadelik het ek gedink dis hier waar ek iets kan kry…maar was baie teleurgesteld dat daar nie een ding was Afrikaans uitgebeeld het nie. Afrika goed was daar wel maar geen Afrikaanse goed nie. Ons kultuur is nêrens te sien. Nederkaans gee daai ietsie wat jou hart weer vul en daardie bekendheid wat ons almal na hunker in ‘n vreemde land.

Eienaar: Maronel Lotter

Oolfant.com

Onderneming se naam: oolfant.com

Land: VSA

Beskrywing: oolfant.com se aanlyn kursusse help Afrikaanse tuisskolers om met sukses en meer vreugde en gemak te kan tuisskool.

Eienaar: Marisa Haasbroek

Inlyn Illustrasies

Onderneming se naam: Inlyn Illustrasies

Die land waar die onderneming (bediening) bedryf word: Austin, Texas, VSA

’n Kort beskrywing van die onderneming (bediening): Inlyn Illustrasies is ‘n kreatiewe platform (bediening) wat ontstaan het uit ‘n begeerte om die Hemel se reeds-beskikbare realiteit op aarde te illustreer. Hierdie platform fokus daarop om visuele beelde van Abba Vader se roeping, wysheid en waarheid weer te gee aan alle mense wat Hom dien. Die fokus is om mense te herinner, te inspireer, oor hulle te profiteer of hoop te gee aan almal wat die platform besoek. Elke illustrasie is geskep met die enkele doel om die aarde “inlyn” te bring met die Skepper van die heelal. Die Afrikaanse woord “inlyn” het ‘n dubbele betekenis in die geval: aangesien die illustrasies “in lyn” (soos ‘n potlood lyn) ontstaan het, maar ook gemik is om in-lyn te wees met die Hemelse realiteit.

Eienaar: Renée de Beer

Michelle se Kombuis Namibië

Naam van onderneming: Michelle se kombuis

Beskrywing: Michelle se kombuis Namibië maak gevriesde geregte, ingelegde produkte en lekkernye.

Ek lewer weekliks af in Windhoek en versprei ook reg oor Namibië. Ek lewer ook aan verskeie winkels my produkte.

Land: Namibië

Eienaar: Sandri Olivier

Herklink.co.za

Naam: Herklink.co.za

Land: Duitsland

Beskrywing: Jou stem. Jou huldeblyk. Sê totsiens aan ’n geliefde met ’n pragtige virtuele gedenkstuk.

Eienaar: Anelia Heese  

Klik hier om te stem vir jou gunsteling-Afrikaanse onderneming in die buiteland.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest