Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Verenigde State van Amerika

Nov 30, 2021

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in die Verenigde State van Amerika wat julle kan ondersteun.

Afrikaanse Kerk Houston
Elke derde Sondag van die maand hou ons ’n erediens om 11:00. Ons geniet die teenwoordigheid van ons Here en mekaar. Enigiemand is baie welkom.
Die Afrikaanse Kerk Houston is deel van die organisasie sonder winsoogmerk Koinonia – Caring for SA in USA. Dié organisasie se doel is om die Suid-Afrikaanse gemeenskap in die VSA te versterk deur individue te help om ’n groeiende verhouding met Christus na te streef. Ons soek geleenthede om verhoudings met die Suid-Afrikaanse gemeenskap te ontwikkel en om ambassadeurs te wees vir die lewensveranderende boodskap van Jesus Christus. LEES MEER.

Suid-Afrikaanse Ekspatwinkel – Austin TX
Ons is ’n Suid-Afrikaanse winkel wat in Austin, TX geleë is en ons verkoop ongelooflike Suid-Afrikaanse produkte. Of jy nou op soek is na kos, doelgemaakte kledingstukke, of huisdekor, ons bied dit alles. LEES MEER.

Lizel’s Cake Boutique & SA Comfort Foods
Hierdie ma-en-dogter-span maak gehalte-, tradisionele Suid-Afrikaanse trooskos hier in Gainesville, GA VSA. Ons resepte kom van so ver terug as voor die Boereoorloë in Suid-Afrika en is deur elke generasie met die volgende gedeel. Elke resep is deur die jare vervolmaak tydens kerkbasaars, dorpsfeeste, koekverkopings en familiereünies. Lizel geniet dit ook om koeke te bak en versier vir partytjies vir kinders en volwassenes. Slegs vars produkte word gebruik om heerlike en prettige koeke vir elke geleentheid te bak. LEES MEER.

Texas Boerseun – Swys in Amerika
Hierdie blad is geskep om mede-Suid-Afrikaners te help met inligting oor hoe om in Amerika te kom werk, asook om alledaagse take op die plaas met die kykers te deel. LEES MEER.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest