Leesvordering:

Wêreldgids in Fokus: Waar bly jy in die buiteland?

Mei 24, 2023

In hierdie week se Wêreldgids in Fokus, kyk ons bietjie na Suid-Afrikaners se gastehuise, Airbnb’s en lodges in die buiteland.

Dink jy jou onderneming verdien dit om in die kollig te wees? Gryp vandag nog die geleentheid aan en word deel van ons AfriForum Wêreldwyd-netwerk. Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en al jou mense net te ver weg is.

Ons fokus hierdie maand op Suid-Afrikaners wat gasvryheidsondernemings het in die buiteland wat julle kan ondersteun.

Sakatia Lodge, Madagaskar

Hoe jy jou vakansie wil deurbring, hang van jouself af. Of jy dus wil afskakel van jou normale roetine en net wil ontspan, en of jy iets van die uniekheid van Madagaskar wil beleef, ons kan help. Sakatia Lodge is die perfekte tuiste vanwaar jy jou ontdekkingsreis kan begin of heerlik kan ontspan. Ons is ’n klein familie-lodge/duiksentrum op ’n afgeleë eiland naby Nose Be, Madagaskar, genaamd Nosy Sakatia. Lees meer.

Tarawera River Lodge

Geniet luukse verblyf langs die Tarawera-rivier. Slaap op koningrootte beddens met gehaltematrasse vir jou gerief. Daar is nege eenhede beskikbaar. Pragtige parke in die dorp en gratis warm poele drie minute van jou kamer af. Geniet die winter ten volle. Lees meer.

Alpenrose Hotel and Gardens

Geleë in die Switserse dorpie Wilderswil, ’n klipgooi vanaf die treinstasie. Jy sal ’n verskeidenheid buitelugaktiwiteite hier vind. Lees meer.

 The Newt in Somerset

’n Operasionele plattelandse landgoed waar alles wat verwant is aan Somerset gevier word – met ’n luukse hotel, tuine, woudarea, landbougrond, boorde en ’n appelpers. Lees meer.

Het jy ’n gastehuis, Airbnb of lodge in die buiteland of het jy by een gebly wat deur Suid-Afrikaners bestuur/besit is?

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest