Leesvordering:

Wêreldwyd bring “Afrikaans is Lekker” na Australië en Nieu-Seeland

Mei 24, 2018

Wêreldwyd vat vanjaar weer hande met South African Events om eg Afrikaanse vermaak na Suid-Afrikaners in Nieu-Seeland en Australië te bring deur op te tree as hoofborg van die Afrikaans is Lekker 2018toer.

Afrikaans is Lekker is ’n jaarlikse Suid-Afrikaanse konsert wat in Australië en Nieu-Seeland deur South African Events aangebied word. Soortgelyke musiekgeleenthede word ook in Kanada, die VSA, die VK en Europa aangebied.

Vanjaar gaan sangers soos Theuns Jordaan, Nianell, Refenste en Snotknop saam toer na die buiteland.

“Dit is vir ons belangrik dat Suid-Afrikaners in die buiteland informeel kan bymekaarkom en steeds hul Suid-Afrikanerskap kan vier,” meen Sue-Ann de Wet, projekkoördineerder vir die Suid-Afrikaanse diaspora.

Die optredes vind vanjaar in Junie in Auckland, Brisbane, Perth, Wellington, Sydney, en Melbourne plaas.

Kom sing saam tydens die volgende optredes:
15 Junie: Auckland – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
16 Junie: Brisbane – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
17 Junie: Perth – Theuns Jordaan, Refentse, Nianell, Margit en Jacques du Plessis
22 Junie: Wellington – Snotkop, Refentse en Nianell
23 Junie: Sydney – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit
24 Junie: Melbourne – Snotkop, Refentse, Nianell en Margit

*Wêreldwyd en Forum Nuus gaan ook vanjaar saam met die kunstenaars toer en wil Suid-Afrikaners in Australië en Nieu-Seeland kom ontmoet om meer te leer oor hul lewe in die buiteland. Indien jy bereid is om ’n informele onderhoud aan ons toe te staan, kontak gerus vir Sue-Ann by +27 072 049 1495 of wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest