Leesvordering:

Wêreldwyd – Die tuiskomplek vir ons mense in die buiteland

Jun 11, 2021

Deur Sue-Ann de Wet

Sedert AfriForum se ontstaan 15 jaar gelede word hegte bande met Suid-Afrikaners in die buiteland behou. AfriForum se Wêreldwyd-inisiatief is juis met dié doel voor oë geskep.

Emigrasie is vandag ’n harde werklikheid en Wêreldwyd hou dit ’n oop gesprek. Die besluit om te emigreer is nie eenvoudig nie en die finansiële en emosionele koste beslis nie gering nie. Ons wil mense toerus en verseker dat die keuse om te emigreer ’n ingeligte besluit is wat op betroubare inligting berus.

AfriForum respekteer mense se individuele keuse om te emigreer. Ons beskou emigrante as ons nie-amptelike ambassadeurs wat steeds ’n belangrike rol kan speel om AfriForum se doelstellings vanuit die buiteland te ondersteun en te bevorder. Dit is ook waarom ons kontak behou deur Wêreldwyd.

Een ding is vir seker – as die stand van Suid-Afrika se politieke en veiligheidsomgewing anders was, sou veel minder Suid-Afrikaners groener weivelde gaan soek het. Uit ’n onlangse meningspeiling wat Wêreldwyd onder sy lesers gedoen het, het 98% van die respondente aangedui dat hulle bekommerd is oor gebeure in Suid-Afrika, terwyl 94% voel dat hul kulturele identiteit nog vir hulle belangrik is.

Ons mense in die buiteland is ons beste ambassadeurs en moet gehelp word om hul identiteit te behou. Hulle is ons familie en vriende en ons kan nie bekostig om hulle te verloor nie. Sommige van die mees welvarende lande in die wêreld is dié wat hul emigrante ook koester. Ons regering vervreem Suid-Afrikaanse emigrante, soos gesien met die belastingwetsontwerp.

Wêreldwyd in ’n neutedop: Hoe jý daarby kan baat

 1. Kundige advies vir ekspats

Gratis advies oor burgerskapaangeleenthede is onder meer beskikbaar deur ’n plaaslike netwerk van kundiges. Dikwels verloor Suid-Afrikaners hul burgerskap onwetend wanneer hulle burgerskap in die buiteland aanvaar sonder om eers vir die behoud van hul Suid-Afrikaanse burgerskap aansoek te doen en soms doen hulle willens en wetens daarvan afstand. Hulle besef egter nie altyd die latere gevolge hiervan nie.

2. Behou só kontak

Gereelde skakeling deur middel van die Kollig-nuusbrief, sosiale media en ’n webtuiste is belangrik. Die webtuiste help mense om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Dit is belangrik dat ekspats betrokke bly en op hoogte van sake in Suid-Afrika is. Kom kuier saam met die nagenoeg 500 000 mense wat deur Wêreldwyd se sosialemediaplatforms bereik word. Om deel te wees van ’n grenslose gemeenskap bly van onskatbare waarde.

3. Een klik en jy is tuis met ons Wêreldgids

Om in ’n nuwe land aan te pas is ’n uitdaging. Wêreldwyd is hier om te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy kan wees in ’n nuwe omgewing is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir mense wat met ander wil sake doen nie, dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak en almal net te ver is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te skep. Kleinsakeondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van die wonderlike netwerkgeleentheid!

4. Kuier saam in Afrikaans

Wêreldwyd ondersteun byeenkomste in die buiteland. Dit is vir ons belangrik dat ons mense in die buiteland informeel bymekaar kan kom en steeds hul kultuur vier. By dié byeenkomste wil hulle saam met hul eie mense in hul eie taal kuier en sommer net nostalgies raak soos wat gemeenskappe in die buiteland doen.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest