Leesvordering:

Wêreldwyd – Die tuiskomplek vir Suid-Afrikaners in die buiteland

Mar 2, 2017

Wêreldwyd, ’n inisiatief van die burgerregteorganisasie AfriForum, bied reeds die afgelope vyf jaar ’n aanlyntuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het.

Hierdie inisiatief is die ideale platform vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in ware voeling met sy geboorteland wil bly.

Die inisiatief behels ’n webtuiste wat mense help om op hoogte te bly van nuusgebeure in Suid-Afrika. Hier kan jy ook betroubare advies kry, sommer net saamkuier, jou ervarings deel en meer vertel oor die interessante plekke waar jy tans woon en werk.

Ons Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen om te bepaal wat presies vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is en daarom is juis dié inligting op die webtuiste beskikbaar. Dit sluit in aktuele plaaslike nuus, bydraes – foto’s en stories – van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon, asook ’n enig-in-sy-soort Wêreldgids.

Dié gids is ook die plek waar Suid-Afrikaners in die buiteland eg Suid-Afrikaanse inkopies kan doen vir produkte soos biltong, Ouma-beskuit en tradisionele blatjang. Dit bevat ook ’n databasis met die besonderhede van besighede en restaurante wat Suid-Afrikaanse kos bedien, persone wat hulp bied met finansiering, asook die name van Suid-Afrikaanse prokureurs in die buiteland.

Die Wêreldgids het ten doel om mense wat in die buiteland vreemd voel, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die vraag na ’n meer verbruikersvriendelike en interaktiewe gids het gegroei en Suid-Afrikaners in die buiteland kan nou ook self hul ondernemings gratis in die Wêreldgids laat opneem.

Wêreldwyd het ook ’n gratis weeklikse nuusbrief, Kollig, waarop jy gratis kan inteken. Dié nuusbrief bevat onder meer berigte van die Afrikaanse mediahuis, Maroela Media, vars nuus oor feeste en buitelandse optredes deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte en belasting.

Wêreldwyd streef voortdurend daarna om Suid-Afrikaners op hoogte te hou van die beste byeenkomste in die buiteland waar jy, jou vriende en familielede gesellig kan kuier en ’n gedeelde erfenis kan vier. Wêreldwyd tree daarom ook vanjaar op as die hoofborg van die Afrikaans is lekker-konserte in Australië en Nieu-Seeland sowel as die Barry Hilton-toer wat in Mei in Kanada aangebied sal word.

In die afgelope aantal jare het ons reeds verskeie medewerkers betrek en Wêreldwyd-vriende gemaak. Ons vennote sluit onder meer in: South African Events, Texas Potjie, Kuier in Dubai, Cashkows, Merise, Breytenbachs Immigration Consultants, en ShowMax.

Ons sien uit daarna om dié tradisie voort te sit en wil die Suid-Afrikaanse burger na die beste van ons vermoë bedien – ongeag waar jy jouself bevind.

Wêreldwyd wil vir jou die platform skep om saam met ander Suid-Afrikaners regoor die wêreld te kuier, soos net Suid-Afrikaners kan. Vir meer inligting besoek Wêreldwyd se webtuiste en Facebook-blad.

  • Om in te teken op die gratis nuusbrief, stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.
  • Besoek Wêreldwyd se Wêreldgids om jou onderneming op  te registreer .
  • Vir enige verdere navrae, stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest