Leesvordering:

Wêreldwyd – AfriForum se tuiskomplek vir ons mense in die buiteland

Sep 11, 2020

Sedert die ontstaan van AfriForum, word hegte bande met Suid-Afrikaners in die buiteland gehou. AfriForum se Wêreldwyd-inisiatief is juis met dié doel geskep.

Hierdie inisiatief is die ideale platform vir elke Suid-Afrikaner wat tans in die buiteland woon, maar graag steeds in voeling met sy geboorteland wil bly.

Wêreldwyd bied reeds die afgelope agt jaar ’n aanlyn tuiste vir ons mense wat hulself in die buiteland gevestig het.

Ons Wêreldwyd-span het deeglike navorsing gedoen om te bepaal wat presies vir Suid-Afrikaners in die buiteland belangrik is en daarom is juis dié inligting op die webtuiste beskikbaar gestel. Dit sluit aktuele plaaslike nuus en bydraes soos foto’s en stories van Suid-Afrikaners wat op interessante plekke in alle uithoeke van die aarde woon in.

Om in ‘n nuwe land aan te pas is ‘n uitdaging. Alles is anders en om uit te vind waar jy Suid-Afrikaanse produkte kan kry raak amper ‘n soort avontuur, Wêreldwyd is hier om te help. Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaar kom om ‘n gemeenskap van Suid-Afrikaners te skep. Kom kyk waar jy in Afrikaans kerkdienste kan kry, waar jy jou gunsteling Suid-Afrikaanse lekkernye kan koop en met wie jy in Afrikaans kan praat oor jou finansiële, mediese en regskwessies.

Die Wêreldgids het ten doel om mense wat besig is om in die buiteland aan te pas te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun. Die interaktiewe gids maak dit moontlik vir Suid-Afrikaners in die buiteland om self hul ondernemings gratis in die Wêreldgids te laat lys. Raak deel van die netwerkgeleentheid!

Wêreldwyd het ook ’n nuusbrief genaamd Kollig waarop jy gratis kan inteken. Dié nuusbrief bevat onder meer berigte van die Afrikaanse mediahuis Maroela Media, vars nuus oor feeste en buitelandse optredes deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars, asook belangrike inligting oor burgerskap, paspoorte, belasting en selfs hoe om aan die Suid-Afrikaanse verkiesing in die buiteland deel te neem.

Daarbenewens is Wêreldwyd se Facebook-blad ’n uiters gewilde interaktiewe kuierplek vir alle Suid-Afrikaners, plaaslik en in die buiteland.

In die afgelope aantal jare het ons reeds verskeie medewerkers betrek en nuwe Wêreldwyd-vriende gemaak. Ons vennote sluit onder meer die volgende ondernemings in: South African Events, Texas Potjiefees, en Breytenbachs Immigration Consultants.

Wêreldwyd streef voortdurend daarna om Suid-Afrikaners op hoogte te hou van die beste byeenkomste in die buiteland waar jy, jou vriende en familielede gesellig kan kuier en ’n gedeelde erfenis kan vier.

Word deel van Wêreldwyd se aanlyn gemeenskap

Kom kuier saam met Suid-Afrikaanse ekspats van regoor die wêreld en bly op hoogte van nuusgebeure in Suid-Afrika wat jou ook raak. Maak kontak en deel jou avonture met ons; ons sal graag van jou wil hoor!

Volg ons op sosiale media: 

Facebook: https://www.facebook.com/wereldwyd.co.za/
Twitter: @wereldwyd
Instagram: https://www.instagram.com/wereldwyd.co.za/

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest