Leesvordering:

Wêreldwyd jou vennoot in dié (korona)-tyd

Mar 18, 2020

Die Solidariteit Beweging het vandag omvattende planne bekendgemaak om die koronavirus (COVID-19) te bestry. Die Beweging het ook ’n aanbod aan die regering gemaak om saam te werk om die verspreiding van dié virus te beperk en die impak van die drastiese maatreëls te versag.

Een van AfriForum se vernaamste fokusse om lede in dié tyd te help, is die beskerming van sakeondernemings. Wêreldwyd, ’n inisiatief van AfriForum, bied reeds die afgelope agt jaar ’n aanlyn tuiste vir Suid-Afrikaners wat hulself in die buiteland gevestig het, en wil graag ’n rol speel in die aksieplan #OnsKoronaplan.

Hulp met opsporing

AfriForum Veiligheid het reeds aangebied om die nasionale rampbestuursentrum met opsporing te ondersteun. As mense in die buiteland sukkel om familie of vriende in Suid-Afrika te kontak en bekommerd is dat hulle dalk siek is, sal Wêreldwyd deur AfriForum se takke navraag kan doen.

Ekonomiese aktiwiteit

Volledige planne om die ekonomie steeds te laat funksioneer.

Kleinsakeondernemings kan ook in die buiteland dieselfde diens van Wêreldwyd geniet. Ons moedig daarom graag Suid-Afrikaanse ekspats aan om ondernemings van ander Suid-Afrikaners in hul omgewing te ondersteun.

Ons verwelkom terugvoer van ondernemingseienaars en wil graag weet watter planne julle maak om dié tyd finansieel te oorleef. Wêreldwyd wil graag ook ander Suid-Afrikaners aanmoedig om te laat weet van ondernemings of diensverskaffers in jul omgewing om die Wêreldgids uit te bou. Word deel die Wêreldwyd-familie en lys jou onderneming gratis op ons aanlyn Wêreldgids.

Jy kan Suid-Afrikaanse ondernemings, restaurante, produkte en dienste in die buiteland met ’n paar klikke op die enig-in-sy-soort Wêreldgids opspoor. Die gids poog om mense wat besig is om in die buiteland aan te pas, te help om ander Suid-Afrikaners te ontmoet en terselfdertyd hul ondernemings te ondersteun.

Ons wil weet waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk.

Lys jou onderneming hier, of stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

 

 

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Kuberafknouery – Wat ouers moet weet

Deur Leandie Bräsler Tegnologie ontwikkel op ’n daaglikse basis. Dieselfde kan gesê word van kinders se vermoë om te boelie: Boeliegedrag wat eens net op die skoolterrein of op die skoolbus plaasgevind het, het nou beweeg na boeliegedrag deur die gebruik van...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest