Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers buite die grense. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.
Onteiening: President Ramaphosa moet wetsontwerp terugstuur na die Nasionale Vergadering, eis AfriForum
Die burgerregteorganisasie AfriForum se regspan het vandag ’n brief aan president Cyril Ramaphosa gestuur waarin versoek word dat die president die kontroversiële Onteieningswetsontwerp na die Nasionale Vergadering (NV) terugstuur vir heroorweging van die wetsontwerp...