Leesvordering:

Kollig Nuusbrief: 4 Augustus 2022

Aug 8, 2022

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir Suid-Afrikaanse burgers in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken.

Hier is die gewildste artikels:

n Spraakterapeut praat oor tweetaligheid – Deel 1
My kind en ’n tweede taal

In baie lande is dit nie ongewoon dat kinders twee of meer tale leer praat en dit daagliks gebruik om met mense rondom hulle te kommunikeer nie. Ekspat-ouers wat tuis ’n ander taal praat as die oorheersende taal in hul nuwe land, staan dalk voor ’n dilemma: Moet ons ons kinders slegs die oorheersende taal leer, of moet ons probeer om hulle tweetalig groot te maak?

Ek dink ek hou meer van daardie sonsondergange: ’n Jong meisie kyk terug op haar tyd in Suid-Afrika

Ons het later daardie jaar vertrek, net nadat ek klaar was met graad 6. In die vliegtuig op pad na Suid-Afrika was my oë rooi gehuil en ek het tranerig gebly. Lank nadat ek vir my pa totsiens gesê en sy gesig agter die dik betonmure verdwyn het, het die afskeid steeds swaar op my gemoed gerus en dit het gevoel of dit nooit gaan beter word nie.

Uit en Tuis: ʼn E-pos uit Suid-Korea

Uit en Tuis is ’n rubriek waarin ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon of wat daar gewoon en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Hilde Conradie wat in Suid-Korea woon.

Volg die regte prosesse om krediete op buitelandse belasting te eis

Mense geniet dit nie om belasting te betaal nie. Dit is selfs nog minder aangenaam as hulle dubbeld belasting moet betaal op dieselfde inkomste. Dit kan gebeur wanneer mense buite Suid-Afrika werk en nie kwalifiseer vir vrystelling op inkomste uit buitelandse indiensneming nie of as hul vergoeding R1,25 miljoen oorskry. Suid-Afrikaanse belastinginwoners kan ’n krediet eis op buitelandse belasting wat betaal is, maar daar moet aan sekere vereistes voldoen word, sê Carmen Westermeyer, belastingvennoot by Maitland and Associates.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest