Leesvordering:

Wêreldwyd se unieke Wêreldgids

Sep 29, 2017

Internetvondse vir September

Waar jy eg Suid-Afrikaanse inkopies in jou omgewing kan doen. Biltong, Ouma-beskuit, blatjang, hulp met finansiering, immigrasie, Suid-Afrikaanse prokureurs, restaurante en nog vele meer word op Wêreldwyd se Wêreldgids van Suid-Afrikaanse besighede gevind.

’n Gemaklike, eenvoudige restaurant met sowel Westerse as Afrika-klanke vir Afrika-geïnspireerde groente, geroosterde en gerookte vleis, platbrood (flatbread), piekels en natuurlike wyne. Ons bring ons vaardighede van die plaas af onder die kollig en behou ons mantra, naamlik Bokkies, braai, dop en tjop. Ons spyskaart verander gereeld om by die seisoen aan te pas.

KuierKos bied ’n warm en innemende ervaring wat Suid-Afrikaanse uitgewekenes, asook plaaslike inwoners uitnooi om oorspronklike, goeie kwaliteit Suid-Afrikaanse kos te geniet. Ons het enigiets, van biltong en droëwors tot koeksisters en melktert, en ons doen selfs spyseniering vir spesiale geleenthede. So kom loer gerus in of kontak ons.

Amanzi is ’n onafhanklike, informele restaurant wat daarin glo om vars, seisoenale en plaaslike produkte vanaf Cornwall aan te koop en geregte met Suid-Afrikaanse invloede op te tower. Die atmosfeer mag dalk ontspanne wees, maar die diens is opgewek en vriendelik. Amanzi het ’n groot verskeidenheid geregte om almal se smaak te pas.

GOGOS Waterfront is ’n familiebesigheid wat besoekers die kans bied om te ontsnap uit die geroesemoes van die besige toeristedorp Windsor, met ’n asemrowende uitsig oor die Windsor Marina en omliggende platteland. Kom geniet die sosiale, warm atmosfeer van ons Sjebeen Skemerkelkiekroeg wat vir sowel groot as klein, intieme groepe toegerus is. Ons Sjebeen Skemerkelkiekroeg is ingerig met ’n snoesige kaggel, banke en lang tafels om die perfekte ontspanningsatmosfeer te skep. Sedert die besigheid sy deure in 2013 geopen het, was ons doel eenvoudig – om besonderse kos in ’n besonderse omgewing te bedien.

Ons het meer as 500 Suid-Afrikaanse lekkernye om van te kies, en indien jy nog nie een van ons tien winkels in Londen besoek het nie, stel ons voor dat jy ons beroemde biltong, lekker boerewors en topverkoperdroëwors kom proe.

Besoek een van ons tien winkels in Londen of gaan na ons aanlynwinkel by www.thesavanna.co.uk vir ons bekroonde biltong en droëwors wat regoor die VK afgelewer word.

Verken die gids hier of lys jou eie onderneming gratis. Ondersteun jou landgenote en netwerk met ander Suid-Afrikaners in jou omgewing!

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest