Leesvordering:

Wêreldwyd wil Kersfees vanjaar onvergeetlik maak

Nov 22, 2017

Ja, mense: Kersfees is voor die deur en ons wil soos die vorige jare by jou hoor hoe dit gevier word in die land waar jy jouself bevind.  Is daar interessante kersgewoontes en -tradisies, of besondere disse (stuur asseblief daardie resepte!), of is jy in ’n land waar daar min Christene is en waar jy self moet planne maak om die dag te vier? Hou jy by die ou Suid-Afrikaanse eetgoed en vierings, of vier jy Kersfees op nuwe maniere?

Vertel ook sommer jou staaltjies van vorige kersvierings.  Foto’s is natuurlik ook welkom!

Met Kersfees wat nader kruip, wil ons graag geskenke uitdeel. Die interessantste bydraes gaan beloon word met ’n Kersgeskenk: ‘n R1 000 takealot.com-geskenkbewys.  Ons moet die bydraes asseblief voor 11 Desember 2017 ontvang.

Bydraes kan gestuur word na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

’n Netwerk wat vir jou werk

’n Netwerk wat vir jou werk

Deur Sue-Ann de Wet Die belangrikheid van ’n ondersteunende netwerk kan nie onderskat word nie. Die bou van ’n netwerk in ’n nuwe land gaan oor meer as net sake doen of werk soek; dit gaan ook oor die skep van ’n ondersteuningsbasis wat jou kan help om die gevoel van...

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Watter tradisies laat jy en jou gesin voortleef in die buiteland?

Kyk die ouer garde van ander lande jou snaaks aan as jy nog na hulle as “Oom” en “Tannie” verwys? Langarmsokkie julle nog in die sitkamer op Afrikaanse sokkietreffers? Ons kultuur is meer as net melktert en braaivleis. Wat is daardie klein gewoontes wat jy net...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest