Leesvordering:

Wêreldwye feite oor Afrikaans

Mei 6, 2020

Het jy geweet dat die eerste MBA-graad – naas Harvard Universiteit – in Afrikaans by die Universiteit van Pretoria aangebied is? Of dat Arnoldus Pannevis, ’n taalkundige onderwyser in die 1800’s, die eerste persoon was wat die taal “Afrikaans” genoem het? Afrikaans is al 95 jaar oud, maar een van die jongste tale ter wêreld.

Hier is ’n paar feite oor Afrikaans:

  • Afrikaans is die enigste Germaanse taal wat in Arabiese skrif getranskribeer is.
  • Afrikaans is die derde jongste Germaanse taal wat amptelik erken is. Faroërs is die tweede jongste en Luxemburgs die jongste.
  • Afrikaans is die derde grootste taal in Suid-Afrika, naas Zoeloe (11.5 miljoen) en Xhosa (8.1 miljoen).
  • Daar is meer Suid-Afrikaners met Afrikaans as hulle huistaal, as Engels.
  • Afrikaans is die 140ste grootste taal ter wêreld. Dit wil gedoen word, aangesien daar 7000 tale in die wêreld is!
  • Meer as 95% van Afrikaans se woodeskat is van Nederlandse oorsprong.
  • Die eerste Afrikaanse woordelys is in 1844 gepubliseer, met die titel “Proeve van Kaapsch taaleigen”.

Afrikaans in die res van die wêreld

Afrikaans is nie net besonders in ’n Suid-Afrikaanse konteks nie, maar ook in die internasionale wêreld. Sowat 11% van Namibiese huishoudings gebruik Afrikaans as eerste taal. Daar is 24 miljoen mense wat Afrikaans kan verstaan – wat Afrikaans die enigste Suid-Afrikaanse taal maak wat internasionaal verstaan kan word! Dit word ook as vak aangebied by Amerikaanse, Belgiese, Nederlandse, Poolse en Russiese universiteite.

Die feit dat maatskappye soos Microsoft, Google, Facebook en Nokia Afrikaans as keuse-taal gebruik, wys dat Afrikaans ook internasionaal geag word as ’n groeiende taal. Afrikaans is die enigste Wes-Germaanse taal wat buite Europa ontwikkel het, boonop het Afrikaans ook vinniger gegroei en ontwikkel as die res. Geen wonder die wêreld is so gefassineer nie!

Afrikaans in die besigheidswêreld

Dit maak ook sin om Afrikaans in die besigheidswêreld te gebruik. ’n Derde van alle Suid-Afrikaners wat in die LSM groep 9-10 val praat Afrikaans en die Afrikaanse mark is verantwoordelik vir ’n vyfde (R376 miljard per jaar) van die totale spandering van Suid-Afrikaanse verbruikers. Verkoop jy motors? ’n Derde van motor verkope in 2015 was deur Afrikaanssprekendes aangekoop. Verkoop jy annuïteite? Afrikaanssprekendes is vyf keer meer geneig om in hulle toekoms te belê as enige ander taalgroep.

Unieke Afrikaanse woorde

Afrikaans se uniekheid bestaan juis as gevolg van sy diverse invloede. Soos die woord “piesang” en “baadjie” wat weens Maleise invloed ontstaan het. “Gogga” het deur Khoi-Khoi invloed ontstaan. Woorde wat ’n Oosterse en Portugeuse invloed het, sluit in blatjang, bobotie, sosatie, makou en koejawel in. Khoi woorde is ook dikwels net vereenvoudig, woorde soos dagga, boegoe, abba, kamma, aitsa en eina.

Het jy geweet die woord “kombuis” is ’n skeepswoord, want eintlik na ’n skip se kombuis verwys, maar meer algemeen bekend geword het weens die talle Nederlanders wat per skip na Suid-Afrika gereis het. In Nederlands is “kombuis” eintlik ’n “keuken”.

Geskiedenis oor Afrikaans

Afrikaanse taalgeskiedenis het alreeds in 1595 begin toe ’n kontaktaal vir handeldryf nodig was tussen die Nederlandse skepe aan die Kaap en die Kaapse Khoi-Khoi.

Na die aankoms van die Verenigde Oos Indiese Kompanjie (VOC) in 1652 het drie groepe die kern van Afrikaans begin vorm. Maleise slawe, die Khoi-Khoi en natuurlik Nederlanders. Talle Europese tale het ’n invloed gehad, maar Hollands was beslis die basis.

 

Bronne:

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest