Leesvordering:

Werk jy in die buiteland? Belastingvrye dae is moontlik verby

Jul 27, 2017

Die dae dat jy jou ponde, euros, dollars of dirhams verdien het sonder dat Jan Taks sy deel daarvan neem, is moontlik binnekort iets van die verlede. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) is van plan om Suid-Afrikaners wat in die buiteland werk en ’n belastingvrye of laebelastinginkomste verdien, verder in Suid-Afrika te belas.

Die SAID wil artikel 10(1)(o)(ii) van die Inkomstebelastingwet, 1962 (wetno. 58 van 1962), wat bepaal dat landsburgers wat in die buiteland werk van belasting kwytgeskeld word, wysig om sodoende meer inkomste vir die ontvangerskantoor en die staat te genereer. Indien jy binne Suid-Afrika se hoogste belastingkerf van 45% gekategoriseer word, maar reeds in die buiteland op 20% van jou salaris belas word, wil die SAID die uitstaande 25% vanaf 1 Maart 2019 by jou verhaal.

Gee AfriSake jou mandaat om hierdie wysiging van die Inkomstebelastingwet teen te staan deur die onderstaande petisie te onderteken. Die sluitingsdatum vir openbare kommentaar is 18 Augustus 2017. Hou AfriSake en Wêreldwyd se Facebook blad dop vir komende kommentaar oor díe wetswysiging.

ONDERTEKEN ONS PETISIE

Meer oor die outeur

Sue-Ann de Wet

Sue-Ann de Wet is die Hoof van Diaspora by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest