Leesvordering:

Werknet: eenvoudige, gebruikersvriendelik

Okt 19, 2017

Jy is die antwoord op Suid-Afrika se armoede

Armoede in Suid-Afrika het van 2006 tot 2015 drasties gestyg, en na raming leef 30,4 miljoen Suid-Afrikaners in armoede. Die enigste manier om hierdie syfer te verminder, is deur op groot skaal werkskeppingsprojekte van stapel te stuur, maar daarvoor benodig Suid-Afrika vaardighede – vaardighede wat tans in die buiteland sit.

Suid-Afrika is honger vir geskoolde werkers. Verskeie artikels het dit die laaste paar maande duidelik gemaak dat die uittog van kundiges oor die jare ʼn leemte in die Suid-Afrikaanse werksmag gelaat het wat net nie gevul kan word met die werkers wat hier is nie.

Sommige artikels wys op die magdom poste wat beskikbaar is, maar nie gevul kan word nie weens die gebrek aan geskoolde werkers met die regte opleiding en agtergrond. Baie jongmense is ook werkloos omdat hulle nie gekwalifiseerd is vir die beskikbare poste nie. Emigrasie van geskoolde werkers, tydelik en permanent, en ʼn verbod op die immigrasie van buitelanders met die nodige kwalifikasies en ondervinding vererger boonop die probleem.

Volgens dr. Pali Lehohla, statistikus-generaal van Statistieke SA, is die gebrek aan geskoolde werkers een van die faktore wat tot armoede en werkloosheid bydra. Werkskepping ontstaan wanneer besighede groei en entrepreneurs versterk word.

Dit is vir Solidariteit Helpende Hand van kardinale belang dat mense die regte opleiding en geleenthede kry. Helpende Hand se inisiatiewe vir werkskepping en opleiding sluit nou ook ʼn webblad in waar besighede in ons eie taal kan soek na talentvolle, gekwalifiseerde personeel. Dis ook ʼn plek waar werksoekers hul CV’s kan oplaai, deur poste kan blaai en kan aansoek doen vir daardie poste. Dit alles bied ons gratis.

Werknet is ʼn eenvoudige, gebruikersvriendelike, Afrikaanse webblad. Ons nooi jou uit om jou CV of jou maatskappy se beskikbare poste op www.werknet.co.za te plaas. Kontak René du Preez by rene@helpendehand.co.za of +2712 644 4390 vir meer inligting.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest