Leesvordering:

WESENS

Apr 6, 2021

 Jy kan R10 000 wen met die Karoo Wetenskapfiksiefilm – WESENS!

Die wetenskapfiksiefilm WESENS gee filmliefhebbers nou die geleentheid om groot kontantpryse te wen met ‘n eerste van sy soort filmontleding-kompetisie.

Die skeppende agentskap The Suits en LitNet is opsoek na ’n kritiese ontleding van WESENS – die veel bekroonde Karoo-Sci-Fi-film – wat in Oktober verlede jaar in Suid-Afrikaanse bioskope vrygestel is, en nou eksklusief beskikbaar is op DStv se BoxOffice.

Vir die kompetisie is hulle opsoek na meer as ’n konvensionele filmresensie. Wat hulle na soek is ‘n kritiese ontleding waar jy die temas en simboliek in die film ondersoek en jou insigte en interpretasie daarvan deel.

Dit is nie nodig om die storielyn van die film te herhaal in jou ontleding nie, fokus meer op die metafore en filmtegnieke wat gebruik is en hoe dit als bydra tot jou interpretasie van die temas, simboliek en uiteindelike boodskap van die film.

Die kompetisie is oop vir skoliere, studente en filmliefhebbers. Die kritiese ontleding van die film moet tussen 500 en 1200 woorde lank wees. Stuur jou inskrywing aan izak@litnet.co.za met die woord “Wesens” duidelik in die onderwerplyn.

Kontantpryse sluit in R10 000 vir die eerste prys, R3 000 vir die tweede prys en R2 000 vir die derde prys. Inskrywings moet LitNet voor of op 9 Mei 2021 bereik om in aanmerking te kom vir die pryse.

Nog opwindende nuus is dat die bekroonde Suid-Afrikaanse skrywer en rolprentresensent, Leon van Nierop, ook een van die beoordelaars is van hierdie unieke filmontleding-kompetisie!

Besoek LitNet of die WESENS-webwerf vir meer inligting. Ons sien uit na jou interpretasie van die eerste Suid-Afrikaanse Karoo wetenskapfiksiefilm – WESENS!

Vind die WESENS-lokprent vir DStv BoxOffice hier.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest