Leesvordering:

Wil jy in die VK gaan studeer?

Des 7, 2017

Dis die einde van die akademiese jaar in Suid-Afrika en studente en matrieks wag in spanning op die uitslae van hulle eindeksamen. Dit is ook die tyd van die jaar wat Breytenbachs Immigration Consultants die meeste navrae kry oor die moontlikheid om in die VK te gaan studeer.

Die Verenigde Koninkryk is ʼn baie gewilde bestemming vir jong Suid-Afrikaners wat graag oorsee wil gaan studeer. Dit is te verstane en wel om die volgende redes:

  • Daar is baie Suid-Afrikaners in die VK, insluitend studente aan verskeie universiteite waaronder die Universiteit van Edinburgh.
  • Britse onderwysinstellings se kwalifikasies geniet hoë aansien.
  • Dit is redelik maklik vir suid-Afrikaners om by die Engelse kultuur aan te pas.
  • Taal is nie ʼn hindernis nie.
  • Reistyd tussen die twee lande is redelik kort.

Die proses om aansoek te doen om in die VK te studeer

Suid-Afrikaners wat ouer as 16 is, mag aansoek doen vir ʼn Britse Vlak 4-studentevisum. Voordat studente vir die visum kan aansoek doen, moet hulle egter eers toegelaat word tot ʼn kursus aan ʼn Vlak 4-gelisensieerde onderwysverskaffer. Die bewys is ʼn bevestiging van aanvaarding vir studies (CAS). Die CAS is ʼn elektroniese dokument met ʼn unieke verwysingsnommer van die gelisensieerde onderwysinrigting in die VK. Nadat voornemende studente die CAS ontvang het, kan hulle aansoek doen vir ʼn Britse studentevisum.

Die vereistes om te kwalifiseer vir ʼn VK studentevisum

Om vir ʼn Vlak 4 (Algemene) studentevisum te kwalifiseer, moet jy aan die volgende vereistes voldoen:

  • Jy moet voldoende fondse hê om vir jou kursus te betaal en vir jouself te sorg. Die bedrag wissel, afhangend van die kursus wat jy gaan neem en die plek waar die onderwysinstelling geleë is.
  • Tot baie Suid-Afrikaners se verbasing beskou die Britse departement van binnelandse sake Suid-Afrika nie as ʼn Engelssprekende land nie. Jy moet dus aan ʼn Engelse taalvereiste voldoen. Die vlak van Engels wat vereis word, sal afhang van die graadvlak van jou studies. Daar is verskeie maniere om aan hierdie vereiste te voldoen.

Mag ek werk terwyl ek in die VK studeer?

Een van die eerste vrae wat voornemende studente vra, is of hulle in die VK mag werk om hulle studies te help betaal. Volgens die Britse departement van binnelandse sake kry ʼn student ʼn visum om te studeer en mag slegs werk om hulle inkomste aan te vul. Die reëls verskil ook van visum tot visum, afhangend van die soort kursus wat jy gaan neem en die onderwysinrigting waar jy gaan studeer. In die praktyk kom dit daarop neer dat studente beperk word tot 20 uur per week gedurende klastyd. Tydens vakansies mag hulle voltyds werk indien hulle reeds ʼn graad het. Voorgraadse studente word gewoonlik gedurende klastyd tot 10 uur per week beperk, maar mag ook tydens vakansies voltyds werk.

Om in die VK te gaan studeer, bied natuurlik vir Suid-Afrikanders ʼn wonderlike geleentheid om ʼn internasionale kwalifikasie te bekom en hulle horisonne te verbreed. Die proses kan egter skrikwekkend lyk. Gelukkig het ons span kundiges al baie jong Suid-Afrikaners gehelp om hulle drome om in die VK te gaan studeer te bewaarheid. As jy meer inligting of hulp benodig om met die proses te begin, kontak ons gerus by info@bic-immigration.com. Jy kan ook by https://bic-immigration.com/uk-immigration/tier-4-student-visa/ meer lees oor die Britse studentevisum.

Meer oor die outeur

Breytenbachs Immigration Consultants

Breytenbachs Immigration Consultants, of BIC soos ons algemeen bekend staan, spesialiseer in Britse en Suid-Afrikaanse immigrasie. Vanuit ons hoofkantoor in Londen en drie susterkantore in Suid-Afrika – Pretoria, Kaapstad en Durban – help ons kliënte in beide lande.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest