Leesvordering:

Word jy dalk in ’n lokval gelei met die aansoek van jou visum?

Aug 7, 2018

Met twee werknemers wat in Mei by die Australiese ambassade vasgetrek is vir die uitreiking van onwettige paspoorte, is die vergrootglas weer opnuut op lokvalle en korrupsie wat visums betref.

Talle agentskappe maak vals beloftes en verdwyn dan sak en pak met deposito’s, of hulle doen net die helfte van die werk wat nodig is vir ’n visum. Suid-Afrikaners moet al meer paraat wees wanneer hulle van ’n middelman gebruik maak om veral werkvisums te bekom.

Gevaartekens waarvoor jy moet oplet

  • Beloftes dat hulle die uitreiking van ’n visum kan waarborg.
  • Aanbiedinge van visums waarvoor jy nie gevra het nie via e-pos, pos, selfoon of op webtuistes. In sekere gevalle word Suid-Afrikaners selfs vir persoonlike onderhoude genooi. As jy nie navraag gedoen het nie, moenie op die aanbod reageer nie.
  • Versoeke om ’n vooruitbetaling sodat jy kan registreer vir jou aansoek.
  • Die bewering dat net ’n bepaalde maatskappy met die nodige departement kan skakel.
  • Die bewering dat ’n agentskap spesiale of nou bande met werknemers by ambassades of die departement van binnelandse sake het.
  • Beloftes van ’n eenmalige geleentheid wat jou “enigste” kans is om ’n visum te kry.
  • Agentskappe wat aandui dat hulle jou oorspronklike dokumente moet hou.

Hoe kan jy lokvalle vermy?

  • Die departement van binnelandse sake van die land waarvoor jy die visum wil bekom, is die enigste liggaam wat gemagtig is om visums uit te reik.
  • Let op na die e-posadres waardeur jy kommunikasie ontvang; maak seker dit is dieselfde as die e-posadres op die betrokke departement se webtuiste.
  • Jy het nie ’n agent nodig om jou betaling te behartig nie. Die eenmalige fooi vir ’n visum kan jy direk aan die departement of ambassade betaal.
  • Niemand kan jou aansoek vir ’n visum beïnvloed nie. Slegs personeel van die departement kan die visum uitreik indien jy aan al die nodige vereistes voldoen.
  • Enkele lande se departement van binnelandse sake het diensverskaffers in verskillende streke wat hulle bystaan om aansoeke te behartig. Australië maak byvoorbeeld gebruik van TLScontact vir die Afrika-streek. Maak steeds seker dat die agentskap op die departement se webtuiste verskyn.
  • Moet nooit jou persoonlike inligting, kredietkaartbesonderhede of bankbesonderhede in ’n e-pos of oor die foon verskaf nie.
  • Indien jy vermoed dat jy jou persoonlike inligting met ’n onderduimse agentskap gedeel het, kontak jou bank onmiddellik.

Alle aansoekers is self verantwoordelik om te verseker dat hulle die proses om ’n visum te bekom verstaan. Sorg dat jy vertroud is met die proses selfs al gebruik jy ’n agent om jou daarmee by te staan.

Die volgende algemene stappe word meestal vir visumaansoeke gevolg:

Stap 1:     Kry ’n paspoort.

Stap 2:     Besluit watter soort visum jy benodig. Dit word bepaal deur jou beroep, hoe lank jy beplan om daar te wees, die rede waarom jy gaan en of jy ’n student is.

Stap 3:     Vul al die nodige visumdokumentasie vir die visumkode waarvoor jy aansoek doen in. Dien ’n paspoortfoto saam met jou aansoek in.

Stap 4:     Betaal wanneer jy jou aansoek indien.

Stap 5:     Afhangende van die land waarvoor jy aansoek doen, kan jy moontlik vir ’n persoonlike onderhoud met ’n immigrasie-agent genooi word.

Stap 6:     Jy kan gevra word om jou inkomste te bewys of mediese dokumentasie te verskaf wat jou huidige gesondheidstatus aandui voordat jou visum uitgereik word.

Om oorsee te reis of te gaan werk is ’n proses, en die grootste struikelblok om te oorkom is altyd die visum. Moenie dat die administrasie jou ontmoedig nie. Gesels met mense wat reeds deur die proses is en jy sal vinnig agter die kap van die byl kom. As jy wel van agente gebruik maak, maak seker jy het geloofwaardige bevestiging dat hulle die dienste lewer wat hulle belowe.

Daarsy! Nou sal jy enige lokval myle ver kan sien aankom!

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest