Leesvordering:

AfriForum Wêreldwyd hou kuieroggend vir ouers met kinders in buiteland

Nov 16, 2023

Deur Carina Bester

AfriForum Wêreldwyd hou sedert AfriForum se ontstaan kontak met Suid-Afrikaners in die buiteland. Emigrasie het die afgelope jare ’n werklikheid geword en so baie ouers en grootouers het in die land agtergebly toe hul kinders en kleinkinders geëmigreer het.

“Wanneer jy die woord emigrasie hoor, dink ’n mens eerste aan iemand wat die land verlaat en selde aan die geliefdes wat agterbly. Emigrasie is nie net ’n lewensveranderende werklikheid vir die kind wat emigreer nie, maar ook vir die mense wat agterbly,” sê Sue-Ann de Wet, hoof van diaspora by AfriForum.

Juis daarom het AfriForum Wêreldwyd besluit om op 7 Desember ’n kuieroggend vir ouers en grootouers met geliefdes te hou. Douline Minnaar, ’n psigiatriese verpleegkundige, is die gasspreker van die oggend.

Douline Minnaar

Minnaar begelei tans mense met kroniese mediese toestande emosioneel en verduidelik inligting aan die pasiënt waarvoor ’n dokter nie altyd tyd het nie. Sy sê dit bly ’n voorreg om berading te doen met ouers wie se kinders in die buiteland woon en werk.

Volgens De Wet is hierdie kuieroggend ook die ideale geleentheid om ’n ondersteuningsnetwerk te vorm met mense wat ook geliefdes in die buiteland het en kan hierdie netwerk help met die groot aanpassing en emosionele wipwarit.

Van die vrae wat kundiges wat die oggend bywoon mee sal help, is onder meer hoe moet emigrasie benader word, hoe bly ’n mens betrokke as hulle (jou kinders of kleinkinders) in ’n ander land woon, hoe hanteer ’n mens die nuwe werklikheid, wat doen ’n mens om die verlange te hanteer en moet alles prysgegee word om by hulle te gaan woon?

Diegene wat die oggend bywoon kan ook hulle wenke en vrae met die ander ouers deel.

Hierdie kuieroggend vind om 09:00 vir 9:30 by die Irene Country Lodge in Pretoria plaas. Beperkte sitplek is beskikbaar. Klik hier en bespreek voor of op 24 November jou plek.

Hierdie artikel het oorspronklik op Forum Nuus verskyn.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees. [Mening] Johannesburg...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Hongarye

Uit en tuis: ’n e-pos uit Hongarye

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Yulan Love wat in Hongarye...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest