Leesvordering:

Afrikaans (en tweetaligheid) in Australië

Jul 18, 2022

Deur Jeannie van Zyl

Oop kaarte: dit is vir my ’n vreemde gedagte dat my Australies-gebore eenjarige nou Engelse en Afrikaanse woordjies aanleer (dankie, Aussie-grootouers!). Dit is vir my ook werklik moeilik dat my ouers nie in Australië kan wees nie (dankie, Covid).

Ek staan party dae verstom oor hoe mooi die kindertjies met Chinese, Indiese, Viëtnamese en ander internasionale erfenis met hul ouers of grootouers in ons plaaslike parkie gesels. Vlot – in ’n taal anders as Engels.

In my hart wens ek so my kinders kan (en wil!) eendag steeds vlot Afrikaans praat met my, my man (’n Aussie wat Afrikaans aangeleer het), die grootouers/ooms/tannies/vriendekring in Suid-Afrika, asook die wyer Afrikaanse gemeenskap hier in Australië.

Ek kom wel agter dat ek my verwagtinge ’n bietjie gaan moet bestuur. Ja, ons kinders gaan waarskynlik verkies om met maatjies Engels te praat. En dis perfekte voorbereiding vir ’n skool met Engels as voertaal (en later die werkplek, vriendekring en dies meer)! 

Maar dit is darem so fantasties dat ons in ’n multikulturele samelewing woon, waar dit normaal is om ’n taal buiten Engels te kan praat. Dit is dan deel van ’n mens se kulturele erfenis en gesinsidentiteit!

LEES OOK: Daai “nuwe land”-gevoel

Ons doen dus wat ons kan om Afrikaans hier in ons huis te koester. Ons lees Afrikaanse boekies dat dit klap! Ons sing liedjies, gesels en speel in Afrikaans. Ons voer videogesprekke met almal in Suid-Afrika. Ons ondersteun sport in Afrikaans.

Afrikaans is ’n briljante, kleurvolle, raaksê-taal. Dit is ’n besigheidstaal, ’n liefdestaal, ’n kooktaal, dié rugbytaal, ’n taal vir speel, bid en leer. So ek wil my deel doen om Afrikaans ook in die buiteland te bevorder.

Ek doen ook wat ek kan vir die wyer gemeenskap:

  • Ek ondersteun Suid-Afrikaanse ondernemings met Afrikaanse .pdf-leermateriaal. (Laat weet as julle aanbevelings wil hê, dan deel ek dit in ’n volgende artikel).
  • Ek voer Afrikaanse boeke in vir ander gesinne om te koop en hier by Boekwurm te geniet. 
  • Ek stel nuwe leermateriaal rondom ons taal en kultuur saam, en deel dit op my Instagram-blad.
  • Boekwurm deel ook gereeld op sosiale media Afrikaanse leermateriaal oor die taal en kultuur, asook inligting oor Afrikaanse liedjies, woordeskat, doendinge, versies, geskiedenisbrokkies, tweetaligheid en algemene leerstof in Afrikaans.

Help my asseblief om aan te hou hiermee. Praat saam in die kommentaar op blog- en sosialemediaplasings. Vertel mense van Boekwurm. Teken in op ons nuusbrief. Koop ’n boek vir ’n maatjie.

Ons is almal in dieselfde bootjie. Maar soos die spreekwoord sê – niks wat werklik kosbaar is, is ooit maklik om te bekom nie. Dit kos ’n bietjie moeite of samewerking. Dalk, net dalk, kan ons almal saamwerk om voort te bou aan die volgende generasie se identiteit as deel van ’n wyer Afrikaanse gemeenskap hier in Australië.

Skryf vir ons

AfriForum Wêreldwyd wil baie graag meer oor jou ervarings en prestasies in die buiteland hoor! Dalk het jy raad vir ander mense wat geëmigreer het of emigrasie oorweeg. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Om teen treine te skree: 11 nuwe dramas vir hoërskole

Deur Tanya Viviers Die bundel bevat elf nuutgeskrewe dramas met as sentrale tema tieners se smagting na aanvaarding en om as jong volwassenes in die samelewing hul eie identiteit te vind. Die tekste wys onder meer hoe tieners as helde en gewilde mense deur hul...

Platsak maak ‘n plan

Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, 'n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest