Leesvordering:

Die lewe in Engeland: Deel 1

Apr 7, 2021

Deur Maxie Heppell

Ons mense in Suid-Afrika wat so tentatief en diskreet as moontlik probeer voelers uitsteek, raak my hart op ’n baie persoonlike vlak.

Die Keelvolle Koekemoers spring in met ’n uitgebreide relaas oor alles wat goor is in SA en ’n baie eksplisiete verduideliking dat hulle klaar is daarmee.

Die Versigtige Viljoens ondersoek die saak in alle erns. Hulle het baie gedetailleerde vrae oor ooreenkomste en verskille tussen lande, die finansiële impak, die aanpassingskok.

Die Skaam Swanepoels wil vra, maar wil nie hê enigiemand moet weet hulle vra nie. Want hierdie is ’n sensitiewe saak, en ons verstaan maar te goed.

Met hierdie reeks wil ons graag ’n bietjie lig werp op die lewe in Engeland – die moeilike en die lekker daarvan. Ons situasie is natuurlik uniek, so as daar enige addisionele onderwerpe is waaroor julle meer wil weet, vra gerus.

Vervoer en ander pad-dinge

Vervoer is relatief – afhangende van watter vorm jy gebruik: busvervoer is goedkoper as die moltrein (tube); die tube is goedkoper as ’n taxi.

As jy groot afstande tussen dorpe en stede reis, is die bus ook goedkoper as die treine (overland), maar reken net jou reistyd in! Dit kan nogal ’n groot verskil maak.

Spitstyd op die spore is natuurlik altyd duurder. As jy kan, is dit beter om nie tussen 06:30 en 09:30 of tussen 15:30 en 18:30 te reis nie. Ek weet! Hier begin die dae eers heelwat later. Ons SAFFAS (South Africans Far from Africa) is seker altyd eerste op kantoor.

Week-, maand- en jaarkaartjies vir die tube, trein en bus is goedkoper as om elke dag te koop.

Laai gerus die Trainline-toep af. Ons bly buite Londen en gebruik dit gereeld om tye en pryse na te gaan, en jy kan sommer aanlyn bespreek en koop ook as jy wil.

Wanneer ons in Londen is, gebruik ons graag die CityMapper-toep. Waar is die dae van ons
A-Z?

Dit is natuurlik steeds beskikbaar, as jy eerder so ingestel is. Loer gerus hier wanneer jy op OR Tambo op jou vlug wag.

Vir die waarde van die rand teenoor die pond, gebruik ons graag ons FNB toep, maar ek vind
XE Currency ook handig – net sodat ek presies kan weet wat die skade in elke geldeenheid ter wêreld sou wees.

Om in Engeland te bestuur, is egter ’n perd van ’n ander kleur. Ja, ons ry hier ook aan die linkerkant van die pad, maar dit is ongelukkig nie waar dit stop nie. Sommer op my eerste dag kry ek ’n vieslike boete van £60 (R1 200) omdat ek 5 m ver in ’n busbaan gery het … Eina! Dan is daar padreëls en dinge wat ook heeltemal nuut is vir hierdie Vrystater; padtekens ook. Maar dit is ’n interessante stukkie gesels vir volgende keer, so kom loer gerus weer hier in!

Amper-somergroete

Maxie

Lees ook: Die lewe in Engeland: Deel 2

Foto: anna-claire-schellenberg-unsplash

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nederland

Uit en tuis is ’n rubriek waarin ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het, maar weer terug is in Suid-Afrika. Ons hoor graag van enigeen wat hul belewenisse met ons wil deel. Vandeesweek gesels ons met Natasha Viljoen wat al ses...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest