Leesvordering:

Die lewe in Engeland: Deel 3

Mei 26, 2021

Deur Maxie Heppell

Vandag kom ons by dit wat nou eintlik van die begin van hierdie reeks af op die punt van jou tong is om te vra: Wat kós dit om in Engeland te bly?

Ons begroot vir weeklikse inkopies eerder as vir ’n maand. Die aanvanklike rede was dat ons nie regtig die pryse hier geken het nie. Dit is steeds vreemd om tussen die kosrakke te stap en te sien hoe feitlik alles minder as £5.00 kos.

Verder het ons ook later besef dat die huise hier bloot nie groot genoeg is vir ’n hele maand se kruideniersware nie. Besef julle hoe baie plek vat toiletpapier??

Ons verkies om ons inkopies by TESCO (soos Pick n Pay) en ASDA (soos Checkers Hyper) te doen, maar sommige Duitse winkels (ALDI en LIDL) het nou stewig kom voete vind in Engeland met hulle lae pryse. Dit is egter nie ’n plek vir iemand met ’n effense graad van obsessief-kompulsiewe versteuring nie. Buitendien is TESCO se geldterug-koeponstelsel verreweg die beste en kostedoeltreffendste.

Hier is ’n lysie algemene kruideniersware en wat jy kan verwag om daarvoor in TESCO te betaal. (Indien jy ’n vergelyking wil tref: Die wisselkoers op die FNB-toep is vanoggend R20,37 teenoor die £.)

Wit brood 1 £0.90
Bruin brood 1 £0.90
Worsbroodjie-rolletjies 6 £0.75
Hamburger-rolletjies (groot) 4 £0.75
Semi-afgeroomde melk 2 ℓ £1.10
Matige cheddarkaas 400 g £1.79
Margarien 500 g £1.25
Eiers (medium) Dosyn £1.69
Suiker 1 kg £0.65
Tee 240 sakkies £3.48
Koffie 200 g £3.00
Kookolie 1 ℓ £1.10
Tamatiesous 890 g £1.00
Asyn 568 mℓ £0.40
Mayonnaise 415 g £1.99
Marmite 250 g £2.49
Mrs Balls 470 g £2.25
Grondboontjiebotter (glad) 700 g £2.35
Rys (lang korrel) 1 kg £1.20
Aartappels 2,5 kg £1.15
Uie 3-pak £0.95
Gevriesde pizza TESCO se eie £1.40
Gevriesde groenboontjies 850 g £0.90
Gevriesde gemengde groente 1 kg £0.69
Gevriesde herderspastei 400 g £1.20
Kouevleis (Chorizo) 80 g £1.00
Skottelgoedopwasmiddel 450 mℓ £0.80
Skottelgoedwasser-tablette (Finish) 75 £9.00
Wasgoedseep-sakkies (Ariel) 25 £5.00
Gesigseep (Dove) 6 £2.49
Sjampoe (Pantene Classic) 500 mℓ £2.75
Tandepasta (Colgate Total) 125 mℓ £2.50
Toiletpapier (TESCO dubbellaag) 24 £7.50
Coke 1,5 ℓ £1.59
Coke Zero 2 ℓ £1.59
Sprite 500 mℓ £1.40
Pienk lemonade (TESCO dry lemon) 2 ℓ £0.50
Water (TESCO – stil) 2 ℓ £0.17
Aanmaakkoeldrank 1,5 ℓ £1.00
Tjips (Walkers) Groot £1.50
Tjips (Walkers) 6 klein £1.50
Cadbury-melksjokolade 200 g £1.80
Kit Kat 4-stafie £0.60

Om jou eie lysie te maak en op te tel, gaan loer gerus by https://www.tesco.com/groceries/en-GB/

In Engeland is daar ook ’n hele string winskoopwinkels met interessante reekse handelsware van oor die hele Europa. Daar kan ’n mens regtig goeie winskopies raakloop, en wanneer jy nog die wisselkoers (Suid-Afrikaanse rand) in gedagte moet hou, kan dit ’n groot verskil maak:

https://www.poundland.co.uk/

https://www.homebargains.co.uk/

https://www.poundstretcher.co.uk/

En moenie vir Amazon weggooi nie. Ek koop gereeld lyfroom, gesigroom, grimering, drukkerink en ander huisgoed daar. Gedurende die inperking het hulle selfs mayonnaise vir die Heppells afgelewer! Hulle pryse is soms heelwat laer as dié in ons naaste winkels en hulle gemaklike Prime-afleweringsopsie is verseker ’n bonus.

Vir ’n hoër klas produkte, of die persepsie daarvan, kan jy kyk na:

https://www.marksandspencer.com/

https://www.waitrose.com/

Londen en ander groot stede het natuurlik ook hul eie, unieke winkels vir spesifieke grootnaam-handelsmerke, so ’n mens word geensins beperk tot spesifieke produkte nie, veral nie noudat feitlik alles aanlyn gekoop kan word nie.

Volgende keer gesels ons verder oor die koste van verblyf in Engeland – huur teenoor koop, die normale maandelikse fooie van munisipale en ander dienste en die gemiddelde inkomste vir spesifieke betrekkings.

Tot dan, groete uit Newbury!

Maxie

Lees ook: Die lewe in Engeland: Deel 2

Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank

Foto: luis-mayoral-unsplash

Meer oor die outeur

Maxie Heppell

Maxie Heppell woon saam met haar man Èmil in Newbury in die Verenigde Koninkryk. Besoek gerus Maxie se blog Genade is ’n dag lank: https://genadeisndaglank.wixsite.com/genadeisndaglank/blog

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest