Kultuur en taal is iets wat mense oor landsgrense heen saambind

14/09/2021
| Deur AfriForum Wêreldwyd
Wereldwyd-vier-jou-kultuur-banier2

Afrikaners het baie om op trots te wees. Sommige van ons is trots op ons tradisionele disse soos koeksisters, melktert en pannekoek. Het jy geweet dat die eerste pannekoeke op warm klippe gebak is? En soos melktert is meeste van ons disse natuurlik van Europese afkoms. Koeksisters het waarskynlik hul oorsprong by die Nederlandse oliekoek, en melktert dateer uit die Middeleeue! (Die Geskiedenis van Boerekos, 1652 – 1806 deur Hester Wilhelmina Claassens, PhD Studie – Universiteit van Pretoria 2003. Koeksister bladsy 354 – 356 en melktert bladsy 361.)

Vir ander is dit sommer net om trots te wees op die mooi van die Afrikaanse taal – of dit nou in ’n gedig, lied of goeie boek is. Van Klipwerf tot Karen Zoid; Irma Joubert tot Deon Meyer; of Langenhoven tot Ingrid Jonker. Ons kan ook nostalgies wees oor alles Afrikaans: Onthou jy Fiela se kind en Kringe in ’n bosAgter elke man en Die Swart Kat? Wat van Dawie die Kabouter of Walter die Wasbeer? Elke generasie het sy eie nostalgie.

As ons van nostalgie praat, kan ons beslis nie Afrikaners se goeie humorsin uitlaat nie: Spies en Plessie met permissie en Tolla van der Merwe gee mens omtrent heimwee. Afrikaners se trots is egter nie net tot die kunste en kos beperk nie, maar sluit ook familie in. Groot Kersetes met die hele familie is deel van die kultuur: gasvryheid wat vir niks skrik nie!

Wat kan jy op Erfenisdag doen om te wys hoe trots jy is, of sommer net wanneer jy oorweldig word met die mooi van jou eie kultuur? Hier is ’n paar idees:

Praat suiwer Afrikaans

Trek die woordeboek nader en leer vir die volgende tien dae elke dag ’n nuwe Afrikaanse woord! Dit is ook ’n lekker speletjie saam met jou kinders en ’n beproefde wyse om jou algemene kennis te verbreed!

Afrikaans is so uniek soos sy sprekers. Die taal is geskep uit die ontmoeting van die talle tonge wat Suid-Afrika as ‘n land op die been gebring het. Die invloede uit Engels, Portugees, Nederlands, Frans en nog vele meer het aan die taal rowwe r’e en growwe g’s geleen. Dit is dié klanke wat die Afrikaner na aan die hart lê. Dink byvoorbeeld aan woorde soos kolwyntjie, ligsinnigheid, skitterend en geluksalig. Waar anders sal jy ‘n kombinasie van komplekse klanke kry wat ‘n onderwerp so eenvoudig soos ‘n cupcake beskryf?

Gaan kyk gerus na ons lys van 12 Afrikaanse woorde wat net Afrikaanssprekendes sal verstaan!

Dra ’n Afrikaanse T-hemp

Dra jou identiteit op jou mou en stoot jou bors trots uit met ’n Afrikaanse T-hemp wat jou liefde vir jou taal wys. Wêreldwyd dra kultuurgroepe gereeld tradisionele drag, maar as jy nie so ver wil gaan nie, kan jy bloot ’n T-hemp dra wat wys dat jy Afrikaans is.

Hou ’n Afrikaanse fliekaand

Familietyd, springmielies en ’n gehalte- Afrikaanse film – dit wys jou kinders dat Afrikaans deel is van die gesin en leer hulle die gewoonte om goeie Afrikaanse kunste te geniet.

Maak ’n familieresep

As jy huis toe verlang of elders in die wêreld is, is dit altyd lekker om ’n ou kookboek uit te haal en ’n gunstelingfamilieresep op die proef te stel. Die vermoë wat kos het om mense bymekaar te bring is onmiskenbaar. Dink  aan ‘n Sondagmiddag by ouma se huis. Die geselligheid van die kos voorberei is amper so lekker soos haar dadelvingers as nagereg.

Leer jou kinders van die geskiedenis

Die grootste bydrae wat jy kan maak as jy iets vir jou taal en kultuur wil doen, is om moeite doen om geskiedenisverhale te ken en aan jou kinders oor te vertel. ’n Goeie begin is iets soos Die Groot Heldeboek. Kweek by hulle ’n liefde vir hul geskiedenis en versamel bronne wat die geskiedenis akkuraat saamvat. Die geskiedenis van Afrikaners is vol helde en heldinne, groot uitdagings wat oorkom is en bemoedigende stories. Besoek Kraal Uitgewers vir geskiedenisbrokkies en geskiedenis publikasies.

Raak betrokke

As mens oorloop van trots kan jy nie anders as om dit ook te beskerm en uit te bou nie. As jy in die buiteland is, kan jy by Suid-Afrikaanse netwerke betrokke raak – en natuurlik by Wêreldwyd. Jy kan by Vriende van AfriForum aansluit, Maroela Media lees en deel word van die Solidariteit Beweging. Luister Pretoria FM oor die internet en teken in op nuusbriewe sodat jy op hoogte van alles Afrikaans bly!

Kultuur en taal is iets wat mense oor landsgrense heen saambind. Dit is ’n gedeelde stel waardes wat sê “Dit is wie ek is”. Identiteit, soos ’n taal, is iets wat jy kies deur dit op te neem en jou eie maak. Wees jouself; wees Afrikaans; wees ’n Afrikaner!

Hierdie ontwerp is geskep deur die talentvolle Renée de Beer, een van ons Wêreldwyd-vriende. Sy is ’n Suid-Afrikaner wat nou in Austin in die VSA woon. Besoek haar Instagram-blad, Inlynillustrasies, gerus vir meer unieke illustrasies.

Deel op

"*" indicates required fields

Waar in die wêreld woon jy?
Naam en van
  • United States+1
  • United Kingdom+44
  • Afghanistan (‫افغانستان‬‎)+93
  • Albania (Shqipëri)+355
  • Algeria (‫الجزائر‬‎)+213
  • American Samoa+1
  • Andorra+376
  • Angola+244
  • Anguilla+1
  • Antigua and Barbuda+1
  • Argentina+54
  • Armenia (Հայաստան)+374
  • Aruba+297
  • Australia+61
  • Austria (Österreich)+43
  • Azerbaijan (Azərbaycan)+994
  • Bahamas+1
  • Bahrain (‫البحرين‬‎)+973
  • Bangladesh (বাংলাদেশ)+880
  • Barbados+1
  • Belarus (Беларусь)+375
  • Belgium (België)+32
  • Belize+501
  • Benin (Bénin)+229
  • Bermuda+1
  • Bhutan (འབྲུག)+975
  • Bolivia+591
  • Bosnia and Herzegovina (Босна и Херцеговина)+387
  • Botswana+267
  • Brazil (Brasil)+55
  • British Indian Ocean Territory+246
  • British Virgin Islands+1
  • Brunei+673
  • Bulgaria (България)+359
  • Burkina Faso+226
  • Burundi (Uburundi)+257
  • Cambodia (កម្ពុជា)+855
  • Cameroon (Cameroun)+237
  • Canada+1
  • Cape Verde (Kabu Verdi)+238
  • Caribbean Netherlands+599
  • Cayman Islands+1
  • Central African Republic (République centrafricaine)+236
  • Chad (Tchad)+235
  • Chile+56
  • China (中国)+86
  • Christmas Island+61
  • Cocos (Keeling) Islands+61
  • Colombia+57
  • Comoros (‫جزر القمر‬‎)+269
  • Congo (DRC) (Jamhuri ya Kidemokrasia ya Kongo)+243
  • Congo (Republic) (Congo-Brazzaville)+242
  • Cook Islands+682
  • Costa Rica+506
  • Côte d’Ivoire+225
  • Croatia (Hrvatska)+385
  • Cuba+53
  • Curaçao+599
  • Cyprus (Κύπρος)+357
  • Czech Republic (Česká republika)+420
  • Denmark (Danmark)+45
  • Djibouti+253
  • Dominica+1
  • Dominican Republic (República Dominicana)+1
  • Ecuador+593
  • Egypt (‫مصر‬‎)+20
  • El Salvador+503
  • Equatorial Guinea (Guinea Ecuatorial)+240
  • Eritrea+291
  • Estonia (Eesti)+372
  • Ethiopia+251
  • Falkland Islands (Islas Malvinas)+500
  • Faroe Islands (Føroyar)+298
  • Fiji+679
  • Finland (Suomi)+358
  • France+33
  • French Guiana (Guyane française)+594
  • French Polynesia (Polynésie française)+689
  • Gabon+241
  • Gambia+220
  • Georgia (საქართველო)+995
  • Germany (Deutschland)+49
  • Ghana (Gaana)+233
  • Gibraltar+350
  • Greece (Ελλάδα)+30
  • Greenland (Kalaallit Nunaat)+299
  • Grenada+1
  • Guadeloupe+590
  • Guam+1
  • Guatemala+502
  • Guernsey+44
  • Guinea (Guinée)+224
  • Guinea-Bissau (Guiné Bissau)+245
  • Guyana+592
  • Haiti+509
  • Honduras+504
  • Hong Kong (香港)+852
  • Hungary (Magyarország)+36
  • Iceland (Ísland)+354
  • India (भारत)+91
  • Indonesia+62
  • Iran (‫ایران‬‎)+98
  • Iraq (‫العراق‬‎)+964
  • Ireland+353
  • Isle of Man+44
  • Israel (‫ישראל‬‎)+972
  • Italy (Italia)+39
  • Jamaica+1
  • Japan (日本)+81
  • Jersey+44
  • Jordan (‫الأردن‬‎)+962
  • Kazakhstan (Казахстан)+7
  • Kenya+254
  • Kiribati+686
  • Kosovo+383
  • Kuwait (‫الكويت‬‎)+965
  • Kyrgyzstan (Кыргызстан)+996
  • Laos (ລາວ)+856
  • Latvia (Latvija)+371
  • Lebanon (‫لبنان‬‎)+961
  • Lesotho+266
  • Liberia+231
  • Libya (‫ليبيا‬‎)+218
  • Liechtenstein+423
  • Lithuania (Lietuva)+370
  • Luxembourg+352
  • Macau (澳門)+853
  • Macedonia (FYROM) (Македонија)+389
  • Madagascar (Madagasikara)+261
  • Malawi+265
  • Malaysia+60
  • Maldives+960
  • Mali+223
  • Malta+356
  • Marshall Islands+692
  • Martinique+596
  • Mauritania (‫موريتانيا‬‎)+222
  • Mauritius (Moris)+230
  • Mayotte+262
  • Mexico (México)+52
  • Micronesia+691
  • Moldova (Republica Moldova)+373
  • Monaco+377
  • Mongolia (Монгол)+976
  • Montenegro (Crna Gora)+382
  • Montserrat+1
  • Morocco (‫المغرب‬‎)+212
  • Mozambique (Moçambique)+258
  • Myanmar (Burma) (မြန်မာ)+95
  • Namibia (Namibië)+264
  • Nauru+674
  • Nepal (नेपाल)+977
  • Netherlands (Nederland)+31
  • New Caledonia (Nouvelle-Calédonie)+687
  • New Zealand+64
  • Nicaragua+505
  • Niger (Nijar)+227
  • Nigeria+234
  • Niue+683
  • Norfolk Island+672
  • North Korea (조선 민주주의 인민 공화국)+850
  • Northern Mariana Islands+1
  • Norway (Norge)+47
  • Oman (‫عُمان‬‎)+968
  • Pakistan (‫پاکستان‬‎)+92
  • Palau+680
  • Palestine (‫فلسطين‬‎)+970
  • Panama (Panamá)+507
  • Papua New Guinea+675
  • Paraguay+595
  • Peru (Perú)+51
  • Philippines+63
  • Poland (Polska)+48
  • Portugal+351
  • Puerto Rico+1
  • Qatar (‫قطر‬‎)+974
  • Réunion (La Réunion)+262
  • Romania (România)+40
  • Russia (Россия)+7
  • Rwanda+250
  • Saint Barthélemy+590
  • Saint Helena+290
  • Saint Kitts and Nevis+1
  • Saint Lucia+1
  • Saint Martin (Saint-Martin (partie française))+590
  • Saint Pierre and Miquelon (Saint-Pierre-et-Miquelon)+508
  • Saint Vincent and the Grenadines+1
  • Samoa+685
  • San Marino+378
  • São Tomé and Príncipe (São Tomé e Príncipe)+239
  • Saudi Arabia (‫المملكة العربية السعودية‬‎)+966
  • Senegal (Sénégal)+221
  • Serbia (Србија)+381
  • Seychelles+248
  • Sierra Leone+232
  • Singapore+65
  • Sint Maarten+1
  • Slovakia (Slovensko)+421
  • Slovenia (Slovenija)+386
  • Solomon Islands+677
  • Somalia (Soomaaliya)+252
  • South Africa+27
  • South Korea (대한민국)+82
  • South Sudan (‫جنوب السودان‬‎)+211
  • Spain (España)+34
  • Sri Lanka (ශ්‍රී ලංකාව)+94
  • Sudan (‫السودان‬‎)+249
  • Suriname+597
  • Svalbard and Jan Mayen+47
  • Swaziland+268
  • Sweden (Sverige)+46
  • Switzerland (Schweiz)+41
  • Syria (‫سوريا‬‎)+963
  • Taiwan (台灣)+886
  • Tajikistan+992
  • Tanzania+255
  • Thailand (ไทย)+66
  • Timor-Leste+670
  • Togo+228
  • Tokelau+690
  • Tonga+676
  • Trinidad and Tobago+1
  • Tunisia (‫تونس‬‎)+216
  • Turkey (Türkiye)+90
  • Turkmenistan+993
  • Turks and Caicos Islands+1
  • Tuvalu+688
  • U.S. Virgin Islands+1
  • Uganda+256
  • Ukraine (Україна)+380
  • United Arab Emirates (‫الإمارات العربية المتحدة‬‎)+971
  • United Kingdom+44
  • United States+1
  • Uruguay+598
  • Uzbekistan (Oʻzbekiston)+998
  • Vanuatu+678
  • Vatican City (Città del Vaticano)+39
  • Venezuela+58
  • Vietnam (Việt Nam)+84
  • Wallis and Futuna (Wallis-et-Futuna)+681
  • Western Sahara (‫الصحراء الغربية‬‎)+212
  • Yemen (‫اليمن‬‎)+967
  • Zambia+260
  • Zimbabwe+263
  • Åland Islands+358
This field is hidden when viewing the form
This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Nuutste artikels