Leesvordering:

Natuurhoekie – Groot ontdekking in die Karoo

Apr 16, 2024

Deur Alana Bailey

Sommige mense vrees hulle, ander hou hulle as troeteldiere aan … hoe dit ook al sy, spinnekoppe bly merkwaardige kreature.

Sover ons kon vasstel, is daar 71 spinnekopfamilies, 471 genera en meer as 2 000 spesies in Suid-Afrika bekend. Omdat hulle in alle uithoeke van die land voorkom en wissel in grootte, word nuwe spesies deurentyd ontdek.

Onlangs is aangekondig dat nege nuwe spesies valdeurspinnekoppe van die genus Stasimopus in die Karoo ontdek is.

Soos hulle naam aandui, jag hierdie spinnekoppe op ’n unieke manier. Hulle grawe ’n tonnel wat tot 20 cm breed en 30 cm diep kan wees en bedek die ingang met ’n flap wat van grond, sydraad en plantmateriaal gemaak is. Hulle woon in hulle tonnels. Wanneer hulle jag, hou hulle die valdeur van onder vas tot ’n niksvermoedende prooi oor die valdeur beweeg. Die spinnekop kom dan blitsig te voorskyn, gryp die prooi en sleep dit in die tonnel in om dit te verorber. Nogal skrikwekkend, veral as jy ’n insek soos ’n springkaan of tor, of selfs ’n klein padda is. Hierdie nuwe spesies wat ontdek is, is tot 16 cm in deursnee, pote ingesluit. Duidelik kan hulle groot slagoffers hanteer. Hulle sal nie sommer mense byt nie, maar as dit gebeur kan dit baie seer wees, al is die gif nie gevaarlik vir mense nie.

Valdeurspinnekoppe kan merkwaardig oud word. Een wat aangehou is, het 25 jaar lank geleef! Nog ’n interessante kenmerk is dat vroulike valdeurspinnekoppe goeie moeders is wat hulle eiers in die tonnels lê en die klein spinnekoppies wat uitbroei daar beskerm en voer tot hulle groot genoeg is om vir hulleself te sorg en hulle eie tonnels te grawe.

Hierdie merkwaardige spinnekoppe word wêreldwyd aangetref – laat weet ons gerus as julle van hulle raakloop!

Skryf vir ons

Is jy lief vir die natuur? Het jy al enige interessante dieremaniere dopgehou of pragtige landskappe in die buiteland ontdek? Deel jou staaltjies met ons by wereldwyd@afriforum.co.za

Foto: Michael Podger/ Unsplash

Lees ook: Natuurhoekie – Kyk fyn vir die dolfyn!

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

Wêreldgids in fokus: Nederland

Wêreldgids in fokus: Nederland

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest