Leesvordering:

Naweek Nadink – Daar is stilte in die oog van ’n tornado

Mei 9, 2018

Deel 1:

Soos belowe gaan ek weekliks my ervarings as gesoute buitelander wat hom weer ná 14 jaar (vrywilliglik) terug in Suid-Afrika bevind, deel.

In sekere industrieë vind ek diensvlakke in Suid-Afrika nog wêreldklas, soos met my vlug na Kaapstad met FlySafair, vele restaurante met Capital Craft as een van ons gunsteling eet- en drinkplekke, karverkopers soos Leon’s Motors wat ongelooflik was, ensovoorts. Maar ongelukkig is baie besighede eersteklas-pateties. Ek dink onmiddellik aan die vele eiendomsagente waarmee ek probeer werk het, met hul onvindbare diensvlakke. Laat my dink aan ’n hondefluitjie… hy lyk soos ’n fluitjie en word geblaas soos ’n fluitjie, maar jy hoor egter niks nie.

Aula Properties is so ’n hondefluitjie. My skrywe en podsend is mos juis besigheidsgefokus, so kom ek gebruik Aula (en twee ander besighede wat dieselfde gedoen het) se besigheidsfoute as voorbeeld van wat ’n mens nooit in besigheid moet doen nie. Nooit nie.

Enige kontrakteur wat jy aanstel om namens jou ’n funksie te verrig, verteenwoordig jou en is ’n verlenging van jou besigheid en handelsmerk. ’n Kliënt onderskei nooit tussen ’n besigheid waarmee hulle besigheid doen en dié se kontrakteur nie. Daarom moet jy nooit jou kontrakteur blameer wanneer hulle aanjaag nie, maar blameer wel jouself en vra eerder onmiddellik om verskoning. Jy het mos immers die beste kontrakteur aangestel?

Kies jou kontrakteurs baie versigtig en raak vinnig ontslae van swakkes: Hulle kan jou besigheid maak of breek. En belangriker; moet nooit jouself op die skouer klop vir ’n eersteklasvertoning as vuurvegter nie. Daar is nie veronderstel om ’n vuur te wees in die eerste plek nie.

Gelukkig kan ek met ’n blye hart getuig dat ons tot dusver baie meer goeie ervarings as slegtes gehad het. En man, dis net so lekker om weer tussen ons mense te kan wees en beweeg. Ten spyte van ons almal se imperfeksies is dit ’n groot voorreg om elke dag Afrikaans te kan praat en hoor (my kinders moet nou pasop wat hulle sê, want mense verstaan!).

Volgende week gaan ek bietjie uitbrei oor die vryheid wat ons hier ervaar en wat vryheid in die buiteland beteken.

Lekker week en onthou: Aanhouer wen!

Kom luister bietjie:

Lees ook: Die Klipkouers-wiele is weer aan die rol!

Meer oor die outeur

Jacques Basson

Na wonderlike kinderjare in Riebeeckstad en vele jare op Kovsie-kampus ten einde my potspel (pool game) te vervolmaak (halwe waarheid) en ’n besigheidsgraad te voltooi, begin my korporatiewe verkope en bemarkingsloopbaan in 1999 met die Coca-Cola maatskappy. Coca-Cola se bestuursontwikkelingsprogram, Kusile, het my besigheidskundigheid vinnig ontwikkel en vyf addisionele maatskappye en senior rolle in Suid-Afrika en Engeland later – vir onder meer Parmalat, Ecolab, Luxottica en Polaroid Eyewear – begin ek ’n kommersiële skoonmaakbesigheid, VanBroc Cleaning, in 2007, gevolg deur ’n gesamentlike onderneming met ’n kommersiële skoonmaakbesigheid in Austin, Texas in 2012. Na 14 jaar in Engeland het ek en my gesin vroeg in 2018 Suid-Afrika toe terug getrek en ons woon tans in Centurion. Natuurlik is Klipkouers-podsend die nuwe babatjie in die besigheidsfamilie en ek het julle hulp nodig met kind grootmaak!

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Kollig-nuusbrief: 19 April 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest