Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: Veldskoen Switserland

Okt 12, 2021

Word deel van ’n netwerk van Suid-Afrikaners in die buiteland. Netwerke is nie net vir ondernemings nie; dit is ook ’n waardevolle wyse om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange na ’n goeie Suid-Afrikaanse wyn, kuier om ’n braaivleisvuur en die onmisbare Afrikaner-gasvryheid te veel raak.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Die Wêreldgids beskik tans oor meer as ’n duisend ondernemings, van Afrikaanse dokters in Nieu-Seeland tot biltongwinkels in Londen.

Hierdie week se onderneming in die Kollig is Veldskoen in Switserland.

Die geskiedenis van Veldskoen is so ryk en divers soos die land waar dit vandaan kom. Daar is verskeie groepe mense wat glo die Veldskoen, of ’n weergawe daarvan, het sy oorsprong by hulle gehad.

Die word “veldskoen” is vir die eerste keer deur die Nederlandse setlaars aangeteken wat amper 400 jaar gelede in suidelike Afrika aangekom het. Volgens Khoisan-oorlewering het húlle egter so vroeg as 1 000 jaar voor dit reeds leerskoene, wat uit ’n enkele stuk vel gemaak is, gemaak en gedra.

Volgens GQ magazine het Nathan Clark, van Clarks Shoes, in die Tweede Wêreldoorlog geveg toe hy agtergekom het dat van die Suid-Afrikaanse soldate, soos wat hy dit beskryf het, “vreemde leerskoene” gedra het.

Met verdere ondersoek het hy ontdek dat dit op bestelling van die Suid-Afrikaanse soldate by ’n basaar in Kairo gemaak word, omdat hul militêre stewels die gees gegee het. Die ontwerp is na Londen gestuur waar die gewilde Chukka-stewels ontstaan het.

Ons sal graag wil glo dat hulle almal ’n aandeel in die Veldskoen-storie het! Ons het ook onlangs begin saam skryf aan die storie van wat moontlik die wêreld se oudste skoen kan wees.

Kontak Veldskoen Switserland
E-pos: connect@veldskoen.ch
Klik hier om Veldskoen Switserland se Facebook-blad te besoek.
Klik hier vir Veldskoen Switserland op Wêreldwyd se Wêreldgids.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest