Leesvordering:

Onderneming in die Kollig: KuierKos

Apr 29, 2024

Hierdie week se kollig is op KuierKos in Nederland. KuierKos is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid.

Lees meer oor KuierKos

By KuierKos verstaan ons die uitdagings om na ’n nuwe land te trek vir ’n avontuur, soos ons meer as 15 jaar gelede gedoen het. Ons weet dit kan moeilik wees om aan ’n nuwe lewenswyse gewoond te raak, maar ons glo dat bekende dinge dit makliker kan maak. Dit is hoekom ons ’n reeks produkte, smake en gevoelens bied wat jou aan die huis herinner.

Ons is, as ’n Suid-Afrikaanse kos-en-wynwinkel, trots daarop om geregte te bedien wat ons kultuur en geskiedenis weerspieël. Ek en ons medestigter, Andreas, het albei ’n passie vir kos wat reeds op ’n vroeë ouderdom begin het. Ek het in Suid-Afrika grootgeword en het my kinderjare saam met my ma en ouma in die kombuis deurgebring en geleer dat kos mense bymekaarbring ongeag die geleentheid. Ons bied tradisionele geregte sowel as nuwe resepte wat ons geskep het om ons liefde vir Suid-Afrikaanse kookkuns met jou te deel. 

As jy op soek is na ’n smaak van die huis of ’n nuwe avontuur in kos, kom besoek ons by KuierKos. Ons is hier om jou oorgang na Europa ’n bietjie makliker en baie lekkerder te maak!

– Marnella en Andreas

Op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids word jy nie net deel van ’n sakenetwerk nie, maar dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

Help jou onderneming om te groei, gebruik hierdie skakel en maak seker jou onderneming word gelys op Wêreldwyd se Wêreldgids.


Ons wil graag hoor waar jy koop, met wie jy praat en hoe jou netwerk in die buiteland lyk. Laat weet ons by wereldwyd@afriforum.co.za.

Kontak KuierKos

Klik hier om KuierKos se webtuiste te besoek.

Klik hier vir KuierKos op AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids.

Lees ook: Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

AfriForum gaan unieke regstryd aanpak om NGV te beveg ná bekragtiging

Ramaphosa se seremonie niks anders as die ondertekening van ’n gevaarlike verkiesingsfoefie Die burgerregteorganisasie AfriForum veroordeel ten sterkste President Cyril Ramaphosa se besluit om die NGV-wetsontwerp Woensdag deur te druk. AfriForum is oortuig dat dié...

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

’n Padkaart vir jou geestesgesondheid

Deur Derika de Villiers Om oor geestesgesondheid te praat is nog steeds ’n uitdagende aktiwiteit vir baie mense. Ons het in ’n kultuur grootgeword in Suid-Afrika waar jy “gesien en nie gehoor moes word nie”, of “jou sokkies moet optrek” en jou “trane moet sluk”. Die...

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Onderneming in die Kollig: AVW Media Worx

Hierdie week se kollig is op AVW Media Worx. AVW Media Worx is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Op dié manier raak hulle deel...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest