Leesvordering:

Perdemonumente: Eerbetoon aan ’n vriend  

Feb 26, 2019

Perde verdien ’n waardige plek in ons geskiedenis. Deesdae is dit moeilik om jou in te dink wat ’n perd ’n eeu of wat gelede werklik werd was, maar vir die Boerekryger gedurende die Anglo-Boereoorlog was ’n perd van byna onskatbare waarde.

Die Boereheld generaal Koos de la Rey het gesê: “Sonder ’n perd beteken ’n Boer as krygsman niks nie. Dikwels het ons hulle te voet laat veg, maar sonder enige sukses. As ’n Boer dus ’n perd verloor, het dit beteken dat daar een man verlore was en elke perd wat ons van die vyand afgeneem het, was weer een Boer meer op slagveld.” Hieruit is dit duidelik dat die Boer van die laat 1800’s en vroeë 1900’s byna verlore was sonder sy vriend – die perd.

Omdat perde gedurende die Anglo-Boereoorlog so ’n waardevolle diens gelewer het, is daar in die vroeë 1900’s besluit om ’n perdemonument buite die St. Georges-krieketstadion in Port Elizabeth op te rig. Daar is blykbaar op dié stad besluit omdat talle van die perde wat gedurende die Anglo-Boereoorlog ingevoer is, die land daar binnegekom het. Die perdemonument in Port Elizabeth is een van slegs vier monumente ter wêreld wat ter ere van die perd opgerig is. Die ander is in Argentinië, Brittanje en by die Weston-landboukollege buite Mooirivier in KwaZulu-Natal.

Die standbeeld op die hoek van Russel- en Kaapweg in Port Elizabeth vertoon die sentimentele toneel van ’n soldaat wat by sy perd kniel om hom uit ’n emmer te laat water drink. Die monument is in 1905 deur Joseph Whitehead ontwerp. Die woorde op die monument spreek van die mens se innige liefde vir sy perd. Vertaal lees die woorde: “’n Volk se grootsheid berus nie soseer op sy getalle of grootte van sy grondgebied nie, maar eerder op die omvang en billikheid van sy meegevoel.”

Volgens oorlewering is duisende perde in die Anglo-Boereoorlog dood – sommige bronne meen tot soveel as 500 000.

Feit of fiksie

Volgens ’n ou oorlewering is die manier waarop ’n perd staan ’n aanduiding van hoe die ruiter gesterf het. As die perd met twee pote in die lug staan, het die betrokke ruiter tydens die geveg gesterf. As een van die perd se pote in die lug is, beteken dit die persoon is in die geveg gewond of het later aan sy wonde gesterf. As die perd met al vier pote op die grond staan, is die ruiter eers later aan natuurlike oorsake dood. Bronne is dit nie eens oor die waarheid van hierdie oorlewering nie, maar dit is dalk goed om volgende keer as jy ’n perdemonument besoek hierna op te let.

 

Kraal Uitgewers is ’n klein, maar gespesialiseerde uitgewersmaatskappy wat hoofsaaklik fokus op die publisering van gehalte-boeke oor die Suid-Afrikaanse geskiedenis sowel as publikasies wat die geskiedenis kan verander, regstel en sterk standpunt inneem oor, onder meer, politieke en maatskaplike kwessies in Suid-Afrika. Kraal Uitgewers publiseer hoofsaaklik nie-fiksie. Besoek gerus Kraal Uitgewers se webtuiste hier

Lees ook: Die Kasteel die Goeie Hoop

Meer oor die outeur

Ilze Nieuwoudt

Ilze Nieuwoudt is die publikasiebestuurder by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest