Leesvordering:

Reisgids: Goedkoopste maniere om geld oorsee te gebruik

Apr 26, 2018

Daar is talle faktore om in ag te neem wanneer jy beplan om oorsee te reis. Jy wil jou geld beveilig; jy wil nie buitensporige transaksiefooie betaal nie; en jy soek boonop die gemak om maklike betalings te kan maak. Jy het een van drie keuses: Gebruik ’n spesiale reiskaart, of jou VISA- of Mastercard, of ruil kontant voor jou reis begin. Kom ons oorweeg elke opsie voor jy jou besluit neem:

  1. Reiskaarte

Daar is heelwat opsies wanneer dit by reiskaarte of internasionale rekeninge kom. FNB en Absa bied die Multi-currency Cash Passport aan, Standard Bank die Shyft Global Wallet en Amex die bekende Travellers Cheques.

Hoewel dié opsies dit maklik maak om in verskillende geldeenhede te betaal, is die realiteit met reiskaarte dat daar dikwels fooie betrokke is wanneer jy geld oplaai of dit weer uit die kaart wil onttrek.

FNB en Absa se Multi-currency Cash Passport laat jou toe om vooraf ’n bedrag geld op jou kaart te laai en daarmee in vier geldeenhede handel te dryf, naamlik dollar, pond, euro en Australiese dollar. Sodra jy geld oplaai – die oordragfooi is ’n persentasie van die totale bedrag – word die wisselkoers daar en dan bepaal sodat geen verrassings kry as die rand skielik verswak terwyl jy oorsee is nie. Jy kan geld by enige Mastercard-OTM onttrek, wat jou enige iets tussen R30 en R40 kan kos, afhangende van die wisselkoers. Jy moet ook die eenmalige koste van die kaart in ag neem, wat van bank tot bank verskil.

Standard Bank se Shyft Global Wallet werk met ’n toep op jou selfoon. Die onttrekking by OTM’s gaan dieselfde wees as vir ander banke se reiskaarte en jy betaal ’n fooi van 2,02% van die bedrag wat jy oplaai. Jy kan ’n fisiese kaart ook bestel indien jy dit sou verkies.

As jy meer noukeurig na die verskillende opsies wil loer, loer gerus hier:

FNB Multi-currency Passport

Absa Multi-currency Passport

Standard Bank Shyft Global Wallet

Die Lightcard is ’n nuwe kaart wat binnekort geloods word en wat jou ook toelaat om in ’n verskeidenheid geldeenhede te betaal en om wisselkoerse regstreeks dop te hou. Loer gerus hier vir meer inligting.

Reiskaarte se grootste voordeel is veiligheid en dat jy jou besteding baie noukeuriger kan dophou. Met jou gewone bankkaart sien jy dikwels eers die fooie op jou bankstaat nadat jy van jou vakansie teruggekeer het, terwyl reiskaarte jou deur middel van selfoontoepassings dadelik wys wat jy bestee het en hoeveel dit kos. ’n Verandering in wisselkoers kan jou begroting omver werp en dit is dus handig om die wisselkoers vooraf vas te stel.

  1. Debiet -en kredietkaarde

Die opsie wat sekerlik die minste moeite inhou, is om bloot jou bestaande bankkaart vir onttrekkings en betalings te gebruik. Onthou dat jy jou bank in kennis moet stel voordat jy oorsee gaan indien jy beplan om transaksies met jou kaart aan te gaan. Ongeag of jy kies om kontant te neem of ’n reiskaart het, is dit steeds ’n goeie idee om jou bankkaart saam te neem en jou bank in kennis te stel dat jy oorsee gaan. Hier is ’n prysgids van wat transaksies met jou bankkaart jou tans uit die sak kan jaag:

Internasionale onttrekkings- en transaksiefooie vir 2018

Verskaffer Internasionale kontant-onttrekking Koste indien jy R1 000 sou onttrek Internasionale betaling Skakels
FNB Gold- of Premier-debiet- of ‑kredietkaarte Kredietkaart:

R65 + R1,90 per R100 + 2,75%

 

Debietkaart:

R60 + R1,90 per R100 +2,75%

R111,50 2,75% van transaksie Kredietkaarte:

Gold: Prysgids

Premier: Prysgids

 

Debietkaarte:

Gold: Prysgids

Premier: Prysgids

Nedbank Classic-, Gold- en Platinum- debiet- en ‑kredietkaart R40 + R1,4 per R100 + 2%‑omruilfooi R74 2% van transaksie Prysgids
Standard Bank-kredietkaart R40,35 + R2,02 per R100 + 2,75%‑omruilfooi R88,05 2,75% van transaksie Prysgids
Virgin Money-kredietkaart R25,22 + 2,75%‑omruilfooi R52,72 2,75% van transaksie Prysgids
Diners Club R35 + R2,2 per R100 + 2,75%‑omruilfooi R84,50 2% van transaksie Prysgids
American Express R40 + R1,32 per R100 + 2%‑omruilfooi R73,20 2% van transaksie Prysgids
Capitec-debiet- en ‑kredietkaart R50 + 0,2%‑omruilfooi R52 0,2% van transaksie Prysgids
Absa-debiet- en ‑kredietkaart R50 + 2,75%‑omruilfooi R77,50 2,75% van transaksie Prysgids

 

Die tabel dui aan wat dit jou sal kos om kontant by ’n VISA- of Mastercard-OTM te maak, asook die koste wanneer jy ’n transaksie met jou kaart aangaan. Die omruilfooi is ’n fooi wat gehef word om rand in ’n ander geldeenheid te ruil. Indien die dollar byvoorbeeld R12 kos, betaal jy eintlik R12,33 vir elke dollar as die omruilfooi 2,75% is. Capitec wen die resies as dit kom by betalings en onttrekkings – hul transaksiefooie is heel moontlik minder as wat dit jou sal kos om geld op ’n reiskaart te laai.

Wenk: Wanneer jy ’n betaling oorsee maak en jy word gevra of die transaksie in rand of in die plaaslike geldeenheid verhaal moet word, kies altyd die plaaslike geldeenheid in plaas van rand omdat dit altyd die goedkoper opsie is.

  1. Kontant

Om jou rande in kontant in ’n ander geldeenheid te laat omruil, beteken dat jy presies weet watter kommissie jy betaal en teen watter wisselkoers jy rande geruil het. Dit maak dit maklik om te bereken wat produkte jou oorsee kos omdat jy heeltyd op dieselfde wisselkoers kan werk. Kontant is ook ideaal vir plekke waar daar nie om elke hoek en draai ’n OTM is nie.

Wenk: Maak seker jy ruil kontant voordat jy lughawe toe gaan. Kommissies wat jy op omruilings betaal, is dikwels duurder by die lughawe as by ander banktakke.

Wat is dan die beste opsie?

Dit is steeds jou verantwoordelikheid om self die huiswerk te doen en na die verskillende prysstrukture te gaan kyk. Kies watter opsie die beste sal werk op grond van wat jy bereid is om vir kaartsekuriteit te betaal, wat vir jou die gemaklikste is en hoeveel transaksies jy beplan om aan te gaan. Dit is egter raadsaam om minstens ’n klein hoeveelheid geld in kontant te neem en steeds jou kredietkaart te aktiveer voordat jy oorsee gaan. Indien jy beplan om groot enkele transaksies aan te gaan, is ’n reiskaart die beste keuse omdat jou fooi nie as ’n persentasie van jou aankoopbedrag bereken word nie. Dit hang ook natuurlik af van die fooipersentasie wat gehef word wanneer jy geld op jou reiskaart plaas. Met jou bankkaart betaal jy dalk effens meer per transaksie, maar jy spaar weer op die eenmalige fooi om ’n nuwe kaart aan te skaf.

Gesoute reisigers wat lank in een land vertoef mag dalk verkies om ’n bankrekening in die plaaslike land oop te maak en met ‘n plaaslike kaart transaksies aan te gaan. Jy kort meestal net ’n paspoort en bewys van verblyf. Jy kan dan met ’n SWIFT-betaling geld na jou nuwe rekening oorplaas teen ’n fooi van omtrent 0,5% van die bedrag.

Maak seker jy stel ’n duidelike begroting vir jou vakansie op en maak voorsiening vir die fooie wat jy gaan betaal – dan behoort daar geen verrassings op jou te wag wanneer jy terugkom nie!

Onthou, hierdie is slegs ’n riglyn en dit is wys om met jou bankier of ’n finansiële adviseur te praat voordat jy ’n besluit maak.

Geniet jou vakansie!

 

Lees ook: Reisgids: Hoe om te pak vir jou oorsese reis

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan...

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Onderneming in die Kollig: Ipixel web & graphic solutions

Hierdie week se kollig is op Ipixel web & graphic solutions in Nieu-Seeland. Ipixel web & graphic solutions is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest