Leesvordering:

Reisgids: Hoe om te pak vir jou oorsese reis

Mei 23, 2018

Dit is alewig ’n gejaag om alles in orde te kry voor jy op reis gaan. Om jou tasse te pak is dan die laaste ding waarby jy uitkom, en voor jy jou kom kry, het jy helfte van jou benodigdhede vergeet! Hier is ’n gids wat vir jou sê wat om nie in te pak nie, hoeveel jy kan saamvat en wat jy definitief móét onthou.

Handbagasie

Kom ons begin by handbagasie. Jy wil jy seker wees jy het al jou basiese benodigdhede byderhand, maar afhangende van hoe lank jou vlug is, het jy dalk minder nodig as wat jy dink. Van vloeistowwe soos tandepasta, reukweerder en gesigreiniger kan jy net 100 ml of minder saamneem. ’n Goeie alternatief is om parfuum, seep, gesigreiniger en sjampoe in ’n vastestofvorm saam te neem. Op die lughawe behoort jy maklik 100 ml tandepasta te kan koop as jy dalk sukkel om dit by gewone winkels op te spoor. Alle vloeistowwe moet in ʼn deurskynende, verseëlbare plastieksakkie van 20 cm x 20 cm gesit word. As jy nie so iets byderhand het nie, moenie te veel daaroor kwel nie; die lughawesekuriteit verskaf sulke sakkies. Jy mag net een so ʼn sakkie in jou handbagasie saamneem.

Onthou om seker te maak dat jy nie skerp voorwerpe in jou handbagasie het nie. Sekere lugrederye laat wel toe dat jy ʼn skeermes saamneem met lemmetjies wat nie afgehaal kan word nie en ʼn skêrtjie wat kleiner as 10 cm is. Maar dit is altyd veiliger om daardie soort voorwerpe liewer in jou bagasie te pak wat ingeboek word.

Wees versigtig met kos

As jy gehoop het om ’n stukkie biltong saam te smokkel, vergeet dit maar eerder! Baie lande het streng reëls oor watse voedsel hulle binne hul grense toelaat. Jy kan wel vir jou ’n peuselhappie op die vliegtuig saamvat, solank jy dit eet voor jy ’n ander land binnegaan. Hier is ’n paar happies wat jy wel verby die sekuriteit sal kry:

  • Gedroogde vrugte
  • Beskuitjies
  • Appels
  • Lemoene
  • Pasteie
  • Lekkers
  • Aartappelskyfies

Onthou jou medikasie!

Onthou ook om die nodige medikasie in te pak. Alle medisyne is op enige vlug toelaatbaar, maar vloeistowwe weereens beperk tot 100 ml. Pynpille en voorgeskrewe medikasie is noodsaaklik. Jy kan ook hidroliete inpak om dehidrasie te help teenwerk, veral as jy lugsiek raak. Jy kan by jou apteker vra vir voorkomende medikasie wat jy kan gebruik sodra jy begin siek voel, byvoorbeeld geaktiveerde houtskool wat gifstowwe kan begin opneem om diarree te voorkom. As jy verder ’n paar vitamiene en sonroom het, en dalk ’n slaappilletjie vir die vlug, is jy reg om te vertrek!

Ingeboekte bagasie

Probeer om self jou tasse te weeg voordat jy lughawe toe gaan; so verhoed jy dat jy by die inboek-toonbank moet staan en jou tasse eers oorpak. Hier is ’n aanduiding van die gewig wat lugrederye vir bagasie toelaat:

Toegelate gewig van ingeboekte bagasie volgens lugredery
Lugredery Ekonomiese klas Besigheidsklas
Emirates Een tas van 23 kg Twee tasse van 32 kg elk
Qantas Een tas van 30 kg Een tas van 40 kg
SAL Een tas van 23 kg Twee tasse van 32 kg elk
Qatar 45 kg 65 kg
British Airways Een tas van 23 kg Twee tasse van 32 kg elk

Wat almal vergeet

Daar is maar altyd iets wat alle vakansiegangers vergeet. Een daarvan is om jou kleredrag by die land waarheen jy gaan se kultuur of geloofspraktyke aan te pas. In Dubai is dit byvoorbeeld wys om konserwatiewe klere te hê. Alhoewel die meeste toeristegebiede nie so streng is nie, is dit maar altyd beter om die plaaslike praktyke te respekteer. Solank jou skouers bedek is en jy nie ekstra kort broekies dra nie, behoort jy die gegluur te kan afweer. In meer afgesonderde gebiede in die Verenigde Arabiese Emirate, en spesifiek in moskees, sal die reëls strenger toegepas word.

’n Handige item wat baie mense vergeet, is ’n mobiele WiFi-toestel. Jy kan ’n plaaslike SIM-kaart daarin sit, data oplaai en dan jou selfoon daaraan koppel. Sodoende het jy jou eie GPS en kan jy WhatsApp-oproepe maak. Meer as een persoon kan ook gelyktydig aan die WiFi-netwerk koppel. Telkom se Huawei E5573-roeteerder is nie so duur nie en tot 10 mense kan daaraan koppel.

Nog iets wat talle reisigers vergeet, is skootrekenaar- en selfoonlaaiers. Behalwe vir die laaier, moet jy ook onthou om ’n veelproppasstuk te kry sodat jy jou elektroniese toestelle in enige hotelkamer in Europa of Amerika kan laai.

Pak slim en pak lig!

Die geheim van slim pak, is om lig te pak. Dit kan frustrerend raak om te veel bagasie tussen vliegtuie en treine rond te karwei. Boonop het jy dan genoeg spasie om vir die hele familie geskenke saam te bring! Gryp vir jou ’n gemaklike rugsak en een groot tas, En moenie alles pak wat jy nodig het nie; pak net dit waarsonder jy nie kan klaarkom nie!

Lees ook: Reisgids: Goedkoopste maniere om geld oorsee te gebruik

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest