Leesvordering:

Ses redes waarom dit wys is om jou Suid-Afrikaanse burgerskap te behou

Mei 24, 2023

Deur Alana Bailey

Mense is dikwels onbewus van die feit dat hulle onwetend hulle Suid-Afrikaanse burgerskap kan verloor. AfriForum Wêreldwyd het onlangs die volgende artikel geplaas, wat meer inligting hieroor bevat: Alles wat jy moet weet oor Suid-Afrikaanse paspoorte en dubbele burgerskap. Indien daar enige vrae hieroor is, laat weet ons gerus.

Om Suid-Afrikaaanse burgerskap te behou, mag vereis dat jy burokratiese rompslomp trotseer. Mense vra daarom dikwels “Moet ek die moeite doen? Watter voordeel het dit dat ek Suid-Afrikaanse burgerskap behou as ek nooit weer permanent na die land wil terugkeer nie?”

AfriForum Wêreldwyd beveel egter aan dat mense wel hulle burgerskap moet behou, want:

  • Die toekoms is onvoorspelbaar. Wie weet of jy in die toekoms dalk ’n fantastiese werk of besigheidgeleentheid in Suid-Afrika gaan losslaan, met ’n Suid-Afrikaner gaan trou, of uit jou huidige land van verblyf moet vlug … Baie dinge wat nou ondenkbaar is, kan oor ’n dekade ’n werklikheid wees. Die behoud van die Suid-Afrikaanse burgerskap bied net meer opsies aan.

  • Die behoud van burgerskap gee aan jou kinders en kleinkinders die geleentheid om eendag ook Suid-Afrikaanse burgerskap te mag verkry op grond van herkoms. Weer eens, die lewe is onvoorspelbaar en daar is baie redes waarom hulle dalk in die land sal wil woon.

  • Burgerskap maak dinge makliker as Suid-Afrikaanse erfporsies ter sprake kom, of as jy nog besigheidsbelange in die land het.

  • Jy moet burgerskap hê om ’n Suid-Afrikaanse paspoort te mag gebruik. Met ’n Suid-Afrikaanse paspoort kan jy volgens Henley en Vennote se paspoort indeks van 2023 ’n allemintige 106 lande besoek sonder dat jy ’n visum benodig. Lees meer.

  • Jy mag aan Suid-Afrikaanse nasionale verkiesings deelneem en deesdae maak elke kruisie op ’n stembrief ’n verskil.

  • Suid-Afrika plaas geen beperking op die aantal burgerskappe wat iemand mag hê nie, solank jy toestemming vir die behoud van jou Suid-Afrikaanse burgerskap kry voor daar om ander burgerskappe aansoek gedoen word. Suid-Afrikaanse wetgewing beperk dus nie jou opsies nie, maar ander lande se wetgewing mag wel. Maak dus altyd seker van al die betrokke owerhede se vereistes voor enige aansoeke gedoen word.

Sterkte met die keuses en laat weet gerus as AfriForum Wêreldwyd met vrae in dié verband kan help.

Meer oor die outeur

Alana Bailey

Alana Bailey is Hoof van Kultuursake by AfriForum.

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kersfeesvieringe in Dubai

Kersfeesvieringe in Dubai

Deur Lorey Harfield Omdat ek sedert ’98 in Dubai woon, is die belewenis van Kersfees hier ’n mengelmoes van kulture teen die agtergrond van sonnige dae. Alhoewel ons in ’n stad met sterk Islamitiese wortels is, raak Dubai tydens Kersfees werklik op ’n unieke manier...

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Unieke maniere hoe Kersfees in verskillende lande gevier word

Deur Alize Scholtz Die woorddeel “kers” in Kersfees kom van die Griekse woord vir Christus, naamlik “Kristos”. Deur klankomruiling het “Kris-” in “Kers-” verander. Die woord Kersfees beteken dus eintlik Christusfees. Dit is ook waarom samestellings met “Kers-”...

Kersfees in Nederland

Kersfees in Nederland

Deur Jorietha Rabie In Nederland vier ons Sinterklaas op 5 Desember en dan Kersfees op 25 Desember. Dit is nie dieselfde viering nie en Sinterklaas vervang nie Kersvader nie.Ons gesin het besluit om die geleentheid te gebruik om die groot geskenke wat ons normaalweg...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest