Leesvordering:

Uit en Tuis: E-pos uit Sejong

Jul 15, 2022

Uit en Tuis is ’n rubriek waar ons met mense gesels wat tans in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het. Hierdie week gesels ons met Anmari Roux wat in Sejong, Suid-Korea woon.

Hallo Anmari, waar woon julle?

Ek en my man woon al vir bietjie meer as twee jaar in Sejong, Suid-Korea.

Om in ’n nuwe land aan te pas kan uitdagend wees, wat was die grootste aanpassing?

Om nie saam met vriende en familie om die braaivleisvuur te sit en ’n glasie Beyerskloof te drink nie. Ook om gebruik te maak van openbare vervoer! Die moltrein, KTX en busvervoer is net verstommend hier!  Bygesê, om nie elke keer aan my handsak vas te klou en angstig te wees dat iemand dit gaan steel nie. Dit is ONGELOOFLIK veilig hier!

Wat doen jy as jy verlang na die huis en sy mense?

Sit lekker Afrikaanse sokkiemusiek aan, sing kliphard en dans in ons woonstel.

Wat is jou gunstelinggereg in jou huidige land?

Beslis Koren BBQ – gogi-gui (고기구이) Samgyupsal. Jy “braai” jou vleisie op ’n gasstofie binne die restaurant. Dit voel die naaste aan Suid-Afrikaanse kos.

Het jy enige raad vir iemand wat wil emigreer?

Pak foto’s in, of laat druk foto’s en sit dit oral in jou woonstel op. Dit laat jou goed voel om in die aande by die huis te kom en “vriendelik gegroet” te word deur JOU mense.

Kry ’n troeteldier as jy van diere hou. Hulle maak ’n mens so gelukkig as jy aan die anderkant van die wêreld sit.

Wat is jou gunstelingwoord in Afrikaans?

“Skaterlag” en natuurlik die algemene “Ag nee man!”

Wat is jou gunstelingding om te doen in jou nuwe land?

Om op my fiets te klim, en die strate in te vaar! ’n Mens sien ongelooflike dinge as ’n mens jou omgewing wil leer ken.

Is daar ’n Suid-Afrikaanse winkel naby jou, en indien wel, wat is die winkel se naam?

Gelukkig, ja!! #lekkersaffaspaza. Jy kan biltong, Ouma-beskuit, rooibostee, ens. daar bestel. Ons het ook ’n restaurant, Braai Republic, waar jy braaivleis, braaibroodjies, malvapoeding en springbokkies kan kry.

Wat sal jy in ’n pakkie wil hê – biltong of melktert?

BILTONG!! Daar is niks so lekker as om ’n stukkie biltong twaalfuur in die nag uit die yskas te vat en alleen op te eet nie.

LEES OOK: Uit en Tuis: E-pos uit Suid-Korea

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

Afrikaans is Groot hou vir ’n 11de keer konsert en jy kan wen!

In ’n wêreld vol onbekendes is daar een bekende: Afrikaans is Groot. Dis ’n saamkomplek omjou taal, jou kultuur en jou menswees te vier. En die jaar is geen uitsondering wanneer diegrootste familie-reünie nóg vanaf 8 to 17 November 2024 in die SunBet Arena in...

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum vier 18 jaar van selfdoen

AfriForum, ’n organisasie wat vandag meer as 315 000 lede in elke uithoek van die land verteenwoordig, vier vandag sy agtiende bestaansjaar. Dié burgerregteorganisasie is op 26 Maart 2006 vir die eerste keer aan die publiek bekendgestel in ’n berig oor sy...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest