Leesvordering:

Uit en tuis: ’n e-pos uit Nieu-Seeland

Jul 18, 2023

Uit en tuis is die rubriek waar ons gesels met mense wat in die buiteland woon, of wat daar gewoon en gewerk het en weer terug is in Suid-Afrika. Ons verneem graag van enigeen wat hulle belewenisse met ons wil deel. 

Hallo, Shar-nica. Van waar in Suid-Afrika is julle en waarom het julle besluit om in Nieu-Seeland te gaan woon?

Ek is in Rustenburg gebore. Ek het ’n paar jaar in Pretoria gewoon en is toe weer terug Rustenburg toe.

In 2014 het ons ’n uitruilstudent van die Suideiland gehuisves. Vir ons was dit tweede natuur om die hekke, deure en kamers toe te sluit en die alarm aan te sit, maar dit het haar ’n vreesaanjaende gevoel gegee. Sy’t ons vertel van Nieu-Seeland en ons het besluit dat ons eendag ’n kans sal vat. Einde 2018 het ons die besluit geneem, en 2019 het ons oorgekom.

Vertel ons meer van jou gesin?

Ek en Jaco is nou al 12 jaar getroud. Hy is ’n ongelooflike man en steunpilaar! Hy is ’n elektriese inspekteur en ek begin nou met my tweede jaar in verpleging. Ons het twee seuns. Dihan is 10 en Mihlan 6. Alles wat ons doen, doen ons vir hulle. Natuurlik is daar ook ons ‟Northland special”, Arlo. Hy is ’n Staffy-Whippet-kruising.

Om in ’n nuwe land aan te pas, kan uitdagend wees. Wat was vir jou die vreemdste om aan gewoond te raak in die buiteland?

Om die deur oop te los vir dienste soos loodgieters. Dan ook die aksente, en die smaak van grasgevoerde vleis en wors. Dis nie ons idee van wors nie.

Wat is vir jou die interessantste ding in Nieu-Seeland?

Die mense hier; almal wil almal help. Mense staan saam en die meeste mense volg die reëls. ’n Ander ding is dat ’n rit van 15 km soos 100 km voel. Dis ook min dat jy ’n eetplek in ons dorp op ’n Maandag of enige ander dag na 19:00 gaan oop kry.

Wat geniet julle die meeste van julle lewe daar?

Die rustigheid. Kyk, my lewe is besig tussen werk en studies en ma en vrou wees, maar wanneer jy wil ontspan, dan doen jy dit.

Hoe het jy die emigrasieproses na Nieu-Seeland ervaar?

Dit was stresvol, maar ons wou niks dwing of druk om te gebeur nie. Natuurlik is dit ook ’n duur storie.

Hoe vergelyk die lewenskoste met dié in Suid-Afrika?

Huur en kos is baie duur, maar om dinge soos ’n televisie te koop, is makliker.

Is daar enige Suid-Afrikaanse ondernemings (winkels, restaurante, dienste) naby wat julle graag ondersteun?

O, ja! Meat At Maunu is my gunstelingplek vir biltong, ‟chili bites” en koeksisters. Daar is ook ’n paar aanlyn winkels wat lekker goed soos atjar en Oh So Heavenly verkoop.

Het jy enige raad vir iemand wat wil emigreer?

Doen jou navorsing, vra raad en kom oopkop hier aan. Vat dinge sekonde vir sekonde en dan minuut vir minuut en so aan. Raak betrokke en gun jouself tyd om elke emosie te ervaar en verwerk. Wanneer jy besluit om te emigreer, maak seker dis ’n keuse vir altyd, want dit gee jou krag om oor elke hindernis te kom.

Is daar enigiets anders wat jy met ons wil deel?

Iets wat ek die meeste van Suid-Afrika mis, is die reuk van reën op die rooi grond en die reuk van vleis op ’n houtvuur.

LEES OOK: Uit en tuis met Wêreldwyd: Anuschka Hesse

Skryf vir ons

Woon jy in die buiteland, of het jy dalk onlangs teruggekeer uit die buiteland? Jy kan ook vir ons ’n Uit en tuis-rubriek skryf. Stuur ’n e-pos na wereldwyd@afriforum.co.za en ons stuur vir jou vrae om te beantwoord.

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest