Leesvordering:

Vurige Sol-Tech student vertel van haar liefde vir dieselwerktuigkunde

Aug 5, 2021

Kayla Hildebrandt – 20-jarige dieselwerktuigkunde-student aan Sol-Tech – vertel hoe sy uitgeglip het en skelm by mense gewerk het aan motors om te leer hoe die enjin werk en hoe die verskillende deeltjies van die enjin saamwerk.

“Elke dag het my net meer passievol gemaak en met my klein handjies kon ek inkom waar mans nie kan nie en dit het my meer motivering gegee. Elke komponent het  ʼn ander funksie en werk op sy unieke manier, iets wat mens in diepte kan bestudeer.”

Sy het in 2019 by Electro Diesel gewerk om ondervinding op te doen en dit is hier waar haar passie en ywer vermeerder het en sy die funksie van elke deeltjie van ʼn motorenjin begin bestudeer het en wou sien hoe elke deeltjie lyk en hoe dit instandgehou word. Sy vertel dat daar nie ʼn enkele dag verby gegaan het waar sy nie iets geleer het nie.

“Ek het vir vier weke lank elke dag ʼn alternator en starter uitmekaar gehaal en weer aan mekaar gesit sodat ek elke deeltjie uit my kop kan ken en benoem en weet hoe dit funksioneer.”

Haar passie vir motors en die werking daarvan is een wat sy en haar pa gedeel het en na haar pa se dood het Hildebrandt en haar ma finansiële uitdagings ervaar wat tot gevolg gehad het dat daar nie finansies vir tersiêre studies is nie. Sy het egter nie moed verloor nie.

“Dit is ʼn passie wat ek met my pa gedeel het en waarmee ek hom wil trots maak en wys dat ek sterk genoeg is om dit te voltooi.”

Hildebrandt het in 2020 van die Helpende Hand Studietrust (HHST) te hore gekom en het met groot opgewondenheid aansoek gedoen vir  ʼn rentevrye studielening en kon te danke aan dié rentevrye studielening haar studies vanjaar by Sol-Tech afskop.

“Dieselwerktuigkunde is net iets anders vir my, ek raak opgewonde net om te leer daarvoor en te weet dat ek eendag self diesel karre gaan kan herstel. Ek wil elke oggend wakker word en weet ek gaan werk toe en ek gaan aan karre werk. Dieselwerktuigkunde is meer as net  ʼn kwalifikasie, dit is my passie!”

Die HHST is ‘n geregistreerde publieke weldaadsorganisasie wat sedert 2009 al meer as 6300 behoeftige Afrikaanse studente se tersiêre studies moontlik gemaak het. Jy kan help om ‘n behoeftige Afrikaanse student se studies moontlik te maak deur ‘n eenmalige of maandelikse skenking aan die HHST te maak. Besoek https://helpendehand.co.za/borg-n-behoeftige-student/ vir meer inligting.

LEES OOK: Só bou ek ’n nuwe toekoms vir my en my ma! – Wêreldwyd (wereldwyd.co.za)

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Erfenisjuwele 1 – Mostert se Meule maal weer

Alana Bailey Erfenisjuwele is ’n nuwe reeks waarin AfriForum die lig werp op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar.  Daar is baie negatiewe berigte oor erfenis – dink maar aan die nasionale...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest