Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Dubai

Apr 2, 2024

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar (Suid-)Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Dubai wat julle kan ondersteun.

Bravo Braai

Ons streef daarna om die beste moontlike diens en ervaring aan ons kliënte te bied, deur hoëgehalteprodukte en uitstaande kliëntediens te lewer wat geanker is in eerlike en deursigtige waardes. Lees meer.

Harrie’s Pancakes Dubai

Suid-Afrikaanse pannekoeke – ’n tradisie van mooi herinneringe en vakansienostalgie. Lees meer.

The Meat Co. Dubai

Geleë in Dubai met hul wortels stewig in Suid-Afrika, is The Meat Co. Hierdie elite restaurant se innoverende ontwerp en treffende dekor weerspieël ’n eklektiese kombinasie van kleur, tekstuur, en oorgroot pasgemaakte dekorelemente en sorg vir ’n amper teatrale ondervinding vir kliënte. Lees meer.

Woestyn-roos

Woestyn-roos bied aan Suid-Afrikaanse ontwerpers, kunstenaars en visioenêre ’n platform waar hulle hul unieke kleding- en dekoratiewe stukke wêreldwyd kan vertoon. Lees meer.

Dr. Michael’s Dental Clinic – Sarel van der Linde

Dr. Michael’s Dental Clinic is ’n keurverskaffer van tandheelkundige sorg in Dubai wat omvattende tandheelkunde lewer – met toonaangewende tandheelkundeklinieke in Jumeirah, Umm Suqeim en Dubai Healthcare City en ’n span wêreldklas tandartse en spesialiste. Lees meer.


Deel jou gunstelingonderneming in Dubai met ons. Ons wil weet wie jy ondersteun in Dubai. Merk (“tag”) hulle in die kommentaar – ons lys graag die ondernemings GRATIS op ons Wêreldgids.

Watter land moet in ons volgende Wêreldgids in fokus wees?

Foto: Martijn Vonk/ Unsplash

Lees ook: Wêreldgids in fokus: Waar bly jy in die buiteland?

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest