Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Ierland

Jun 8, 2021

Om in ’n nuwe land aan te pas, is ’n uitdaging. Wêreldwyd is hier om te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy kan wees in ’n nuwe omgewing is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir mense wat met ander wil sake doen nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wat die verlange te veel raak en almal net te ver is.

Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van reg oor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te skep. Kleinsakeondernemings kan Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland geniet en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Sodoende raak hulle deel van die wonderlike netwerkgeleentheid!

Hierdie maand fokus ons op sakeondernemings in Ierland wat jy kan ondersteun.

  1. Alida Rose

Ek wil Ierland bekendstel aan al die pragtige handgemaakte produkte wat Suid-Afrika bied. Daarom kies ek sorgvuldig unieke handgemaakte produkte van gehalte van klein ondernemings regoor Suid-Afrika en ondersteun so die eienaars ook. Lees nog meer.

  1. Fatbike Adventures

Die mense wat by Fatbike Adventures werk, is gekies vir hul absoluut onsterflike passie vir bergfietsry en hul liefde vir die buitelewe en, glo dit of nie, die gematigde Ierse klimaat. Hulle waardering vir die platteland om Wicklow is duidelik sigbaar vir almal wat al op ons Fatbike-toere was. Maak seker jy peper hulle met idees en voorstelle vir verbeterings. Lees nog meer.

  1. Dr. Irene le Roux

Ons is ’n span ervare, deernisvolle dokters, verpleegsters en professionele gesondheidsorgwerkers wat ons daarop toelê om jou die beste moontlike behandeling en versorging te bied. Lees nog meer.

  1. The South African Shop, Ierland

Ons is invoerders en kleinhandelaars van gewilde Suid-Afrikaanse produkte. Al die gunsteling- Suid-Afrikaanse voedsel en kuns en kunsvlyt is in ons winkel en aanlyn beskikbaar. By The South African Shop het ons tradisionele boerewors, biltong en droëwors. Alles word in Ierland vervaardig van ingevoerde speserye en die beste Ierse beesvleis, wildsvleis, lam en varkvleis van betroubare Ierse vleisverskaffers. ’n Proeseltjie huis ver van die punt van Afrika af! Lees nog meer.

  1. The Laser Shack

Ons verskaf lasersny- en graveringsdienste in Galway, Ierland. Jy kan jou eie ontwerp vir elke huisversiering en geskenk skep. Lees nog meer.

Lees ook: Wêreldgids in Fokus: Nederland

(Foto: Mick Haupt)

 

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Onderneming in die Kollig: Diamond Tree Jewellery Studio

Hierdie week se kollig is op Diamond Tree Jewellery Studio in Rockingham, Wes-Australië. Diamond Tree Jewellery Studio is gratis op Wêreldwyd se Wêreldgids gelys. AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom...

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Op Wêreldboekedag eis AfriForum meer skoolbiblioteke

Deur Alana Bailey Jaarliks word Wêreldboekedag op 23 April, die sterfdag van onder andere skrywers Miguel de Cervantes en William Shakespeare gevier. Op hierdie dag wanneer die sleutelrol van boeke in die ontwikkeling van mense opnuut in die kollig kom, eis AfriForum...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest