Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Nederland

Mei 4, 2022

Dit is uitdagend om in ’n nuwe land aan te pas. AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar Suid-Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van AfriForum Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Nederland wat julle kan ondersteun.

Tolmay Design Studio

Ek het my beroep in binnenshuise ontwerp in 2002 begin terwyl ek besig was met my studies aan die Tshwane University of Technology. Vir die volgende agt jaar was ek werksaam by ’n paar argitek- en ontwerpondernemings, waar ek ondervinding opgedoen het in die ontwerp van korporatiewe, residensiële, gesondheids- en winkelruimtes.

Ná ons skuif Nederland toe, het ek deel geword van die ontwerpspan van ’n groot internasionale koffiemaatskappy. Ek het dit vir agt en ’n half jaar baie geniet om winkels in lande regoor Europa, die Midde-Ooste en Afrika te ontwerp en te herskep. Ek het die blootstelling aan nuwe smake, kulture en gebruike aangegryp.

Hoewel ek my werk baie geniet het, wou ek nie na ’n nuwe land verhuis om daarmee aan te hou nie. Gevolglik het Tolmay Design Studio die lig gesien. Lees meer.

 Lion’s Head Restaurant & Brewery

Shaun en Katja het in 2018 The Lions Head in die hartjie van Amsterdam oopgemaak – dit is vernoem na die ikoniese berg wat Kaapstad se dramatiese agtergrond vorm. The Lion’s Head is veel meer as lekker kos en bier. Wanneer jy daar instap voel dit asof jy tuis kom, maak nie saak waar jy vandaan kom nie.

The Lion’s Head kombineer die beste gedeeltes van Suid-Afrikaanse kookkuns en diens met die internasionale lewe van Amsterdam. In die warm en verwelkomende atmosfeer sal jy dalk iemand ontmoet wat jou lewe verander … of dalk net ’n heerlike ervaring hê met ons handgemaakte biere, omgee-atmosfeer en Suid-Afrikaanse hartskos. Of jy nou ’n ou vriend of ’n nuwe vriend is, of nog ’n vriend gaan word, ons kan nie wag om jou by The Lion’s Head te verwelkom nie! Lees meer.

KuierKos

My kosreis het aan my ouma se kombuistafel begin in Limpopo, Suid-Afrika. Sy het nie net die lekkerste tradisionele geregte gemaak nie, maar daar was ook altyd ekstra vir familie of vriende wat dalk sou opdaag. My familie se eg-Suid-Afrikaanse gasvryheid sou later die basis vorm van my onderneming in Nederland — KuierKos.

Andreas en ek het in 2007 Nederland toe gekom. Die lewe in ’n nuwe land is moeilik en dit verg baie tyd en moeite om dit jou tuiste te maak. Ná amper tien jaar en twee pragtige kinders, Anne en Paul, is ons steeds mal daaroor!

Vriende van ons het in 2014 teruggekeer na Suid-Afrika en hul biltongonderneming aan ons verkoop. My skoonpa sê altyd: “Geluk is aan die kant van diegene wat gereed is,” en so is KuierKos gebore. Die wyse waarop dit intussen uitgebrei het, het al ons verwagtige oortref.

KuierKos bring ’n warm en verwelkomende ervaring wat aan Suid-Afrikaanse ekspats en plaaslike mense die geleentheid bied om oorspronklike, goeie gehalte Suid-Afrikaanse kos te geniet. Dit is ’n geval van “proe is glo” – moet dus nie skroom om ons te kontak nie. Lees meer.

Charlie Wessels Fotografie

Ek is Charlie, ek is trots Suid-Afrikaans en ook ’n oorlogsveteraan – dit is ’n groot deel van wie ek is en waarom en hoe ek doen wat ek doen.

Ek het in baie verskillende plekke gewoon, insluitende Johannesburg, Pretoria, Londen, Manchester, Aldershot, Camberley, Colchester, Gütersloh, Herford en Afghanistan en het myself nou in Nederland gevestig.

Ek het my eerste troue in 2005 afgeneem en sedertdien … vele meer. Nadat my pa in 2008 oorlede is het ek al sy fotografietoerusting gekry. Die feit dat hy skielik weg was het my verander en dit het gevoel of ek hom naby aan my kon hou deur sy kamera te gebruik. Dit was ons stokperdjie, sy passie, en het my lewe geword.

As jou troufoto’s vir jou belangrik is en jy graag meer wil weet oor hoe ek ’n troudag benader, kontak my gerus. Ek sal met graagte meer inligting verskaf en voorbeelde van my werk wys. Lees meer.

LEES OOK: Wêreldgids in fokus: Kanada

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Kollig-nuusbrief: 2 Mei 2024

Hiermee die nuutste Wêreldwyd Kollig. Die nuusbrief bevat inligting oor allerlei interessante sake, maar ook noodsaaklike kwessies vir ons mense in die buiteland. Stuur hierdie nuusbrief gerus aan. Enigiemand kan gratis daarop inteken. Klik hier om die nuutste...

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

Die storiefabriek wat ons lughawens noem

‟Ek weet ek het belowe ek gaan dit nie weer op die lughawe verloor nie. Maar noudat die tyd aangebreek het, kan ek nie onthou hoe om beskaafd te groet nie. Hoe vreemd. Dat van die delikaatste oomblikke van afskeid en die rou, intieme emosies wat daarmee gepaardgaan,...

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Maroela Media: Nuushooftrekke van die week

Deur Suné van Heerden Maroela Media is ’n Afrikaanse internetkuierplek waar jy alles kan lees oor dit wat in jou wêreld saak maak – of jy nou in Suid-Afrika bly, of iewers anders woon en deel van die Afrikaanse Maroela Media-gemeenskap wil wees....

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest