Leesvordering:

Wêreldgids in fokus: Nederland

Apr 30, 2024

AfriForum Wêreldwyd is hier om jou te help deur al die uitdagings om aan te pas in ’n nuwe land. Die beste manier om te verseker dat jy die beste jy is wat jy in ’n nuwe omgewing kan wees, is deur ’n netwerk te bou. Netwerke is nie net vir sakelui nie; dit is ook ’n waardevolle manier om ’n ondersteuningsbasis op te bou vir daardie dae wanneer die verlange te veel raak en almal net te ver weg is.

AfriForum Wêreldwyd se Wêreldgids is waar (Suid-)Afrikaanse ondernemings van regoor die wêreld bymekaarkom om ’n gemeenskap te vorm. Eienaars van klein ondernemings kan van Wêreldwyd se gratis diens in die buiteland gebruik maak en self hul ondernemings op die interaktiewe gids lys. Op dié manier raak hulle deel van hierdie wonderlike netwerkgeleentheid!

Ons fokus hierdie maand op ondernemings in Nederland wat julle kan ondersteun.

KuierKos

My kosreis het aan my ouma se kombuistafel in Limpopo, Suid-Afrika begin. Sy het nie net die lekkerste tradisionele geregte gemaak nie, maar daar was ook altyd ekstra vir familie of vriende wat dalk sou opdaag. My familie se eg Suid-Afrikaanse gasvryheid sou later die basis vorm van my onderneming in Nederland – KuierKos. Lees meer

Jorietha Rabie Photography

Ek hou van leefstylfotografie. Hoewel ek van foto’s hou waar daar geposeer word omdat dit ongelooflike kreatiewe geleenthede bied, maak die oomblikke tussenin ook saak. Die onbewaakte oomblikke waar ons ons liefde, passie en skoonheid tentoonstel sodat die wêreld dit kan sien. Daardie werklike oomblikke wat die ware aard van ’n mens se lewe in ’n storie omskep … JOU storie. Lees meer

Derika de Villiers Kliniese Sielkundige

Ek is in Amsterdam gebaseer en as Engels- en Afrikaanssprekende kliniese sielkundige gee ek terapie in persoon en aanlyn aan adolessente, volwassenes, paartjies en ekspats wat depressie, angs, trauma of verhoudingsprobleme ervaar. Lees meer

AanTafelThuis

AanTafelThuis is gestig deur die Suid-Afrikaner Estelle Steyn. Estelle se bekoring met huisdekor is deur haar ma aangevuur, wat haar voorgestel het aan die towerkrag van ’n pragtige tafel, heerlike kos en gesprekke met familie. Hierdie spesiale dog alledaagse etes is steeds van Estelle se geliefkoosde herinneringe. Lees meer

Momshomegym

Momshomegym bied oefeninge in die gemak van jou eie huis. Dit is veral gerig op mammas wat nie tyd het om gimnasium toe te gaan nie. Lees meer

Harry Erasmus Art

Harry is een van Suid-Afrika se mees unieke kunstenaars en is baie dankbaar vir sy talent. Hy het ’n aangebore, natuurlike talent en het geleer om op sy eie manier te skilder omdat hy geen formele opleiding gehad het nie. In sy loopbaan as kunstenaar het hy verskillende style ontwikkel en bemeester. Lees meer

Funky Ouma

Funky Ouma bied wonderlike plaasvars kruiegevulde sout en spesery. Hulle gebruik natuurlike growwe sout van Walvisbaai en die Himalaja, die sout is ideaal vir kook, braai, marineer, brood bak of selfs net ’n tafelsout. Dit is ’n lekkerder, gesonder en natuurlike plaasvervanger vir jou daaglikse sout en speserye. Lees meer


Deel jou gunstelingonderneming in Nederland met ons. Ons wil weet wie jy ondersteun in Nederland. Merk (“tag”) hulle in die kommentaar – ons lys graag die ondernemings GRATIS op ons Wêreldgids.

Watter land moet in ons volgende Wêreldgids in fokus wees?

Foto: Callum Parker/ Unsplash

Lees ook: Wêreldgids in fokus: Dubai

Meer oor die outeur

AfriForum Wêreldwyd

Soek

Volg ons op

Moet lees artikels

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Plaasmoorde: Amper een moord per week en tog kyk regering anderpad

Ons vra nie spesiale behandeling nie, ons vra net gelyke behandeling – AfriForum Nagenoeg een moord per week het gedurende 2023 op Suid-Afrikaanse plase afgespeel in die 296 plaasaanvalle wat gedurende dié tyd plaasgevind het. Dít terwyl die Suid-Afrikaanse regering...

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Erfenisjuwele 2 – Bethlehem Museum

Deur Alana Bailey In AfriForum se reeks Erfenisjuwele werp ons die lig op erfenisbakens in die land waar gemeenskappe self inspring om ons unieke kultuurhistoriese nalatenskap te bewaar. In hierdie aflewering besoek ons Bethlehem Museum in die pragtige Vrystaat. Ons...

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

Afstand-grootouerskap – Goeie raad vir elke generasie

deur Robyn Vogels 7 058 239[1] Wat is hierdie syfer? Dit is hoeveel dogters, seuns en kleinkinders Suid-Afrika verlaat het. Kom ons verdubbel nou daardie syfer om uit te werk hoeveel grootouers moontlik moes agterbly. Hoewel dit so is dat baie kinders hul ouers...

AfriForum TV

Nuusbrief

Kontak ons

Maak 'n donasie

Jeugblad

Jy sal ook dalk hiervan hou…

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest