Augustus se snuffelrak vir die jongspan

Hiermee die nuutste leesgenot vir die jongspan:

’n Saak van lewe of dood

Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei. Hy en sy pêlle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad. Maar dan ontdek hulle iets skokkends … en dit word ’n saak van lewe of dood.

Vind meer uit

Wim Vermaak maak ’n plan

Vir Wim is graad tien nes graad nege, maar op steroids. Hy land teen sy sin die understudy-rol van Nick Bottom in die skool se opvoering van ’n Midsomernagsdroom. Maar dis iets nader aan ’n nagmerrie as ’n droom, want ’n ander ou sleep vlerk by sy Jenny. Ouma Hantie is sy enigste hoop, maar haar kop is op ’n ander plek. Boonop beland Wim en sy ma byna in die tronk saam met Harold en sy advokaat-pa moet weer die dag red. Wim gaan dinamietplanne moet uitdink as hy dié jaar gaan oorleef.

Vind meer uit

Tuimeltrein

Abby, Jasper en Henri het net mooi niks in gemeen nie. Maar wanneer hulle moet saamwerk aan ’n groeptaak en dan die ooggetuies is van ’n moord, word hulle saamgegooi op ’n wilde tuimeltreinrit. Sonder selfone en met niemand wat in hulle onskuld glo nie, moet hulle op mekaar staatmaak om te oorleef. Die vraag is net: Gaan die polisie of die eintlike moordenaar hulle eerste opspoor?

Vind meer uit

Hondman 4: Hondman en Kleinkat

Hondman is terug en hierdie keer is hy nie alleen nie. Die hond met ‘n regte neus vir geregtigheid het nou ’n helper, Kleinkat, en saam het hulle ’n raaiselagtige dilemma om op te los! Wanneer ’n nuwe katsitter opdaag en ’n glansryke rolprentster verdwyn, hang dit van Hondman en Kleinkat af om die dag te red. Sal hierdie helde warm op die spoor bly of sal hulle teen die verkeerde boom opblaf?

Vind meer uit

Is jy op soek na Afrikaanse lees- en leerstof vir die jongspan?

Besoek gerus AfriForum Wêreldwyd se Jeugblad vir ’n verskeidenheid van Afrikaanse inhoud soos artikels, blogs, studiemateriaal en aktiwiteite en ook heerlike lees- en kykgenot.

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest