Boek: Engele om ons

Alles-In-Een Joernaal 

Hierdie pragtige joernaal vir meisies is ’n skatkis vol wonderlike dinge om te lees en ontdek en te doen. Beplan jou kwartaal, skryf jou gedagtes neer en leer meer oor God en sy engele.

’n Jaar vol engele! Hierdie unieke dagboek en joernaal vir kinders bevat nie net plek om elke dag jou gedagtes neer te skryf nie, maar is propvol engele. Engele om ons is ’n kombinasie van dagstukkies en gebede, aanhalings en idiome, gedigte en rympies, Bybelstories en ander staaltjies oor al die wonders van engele … en nog baie meer. Wendy Maartens is die samesteller van hierdie joernaal en dit word aangevul deur ’n pragtige bladuitleg en illustrasies.

Engele om ons. Engele langs ons. Engele in ons.
Engele hou wag oor jou in goeie en slegte tye.
Hulle vou hul vlerke saggies om jou en fluister dat jy geliefd en geseënd is.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Illustreerder: Maggie de Vos
Prys: R200

Koop die joernaal hier.

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest