Die Sproetebessies en die skedel in die spookmis

Deur Troula Goosen

Die Sproetebessies spaar vir ‘n reis na Italië en kry vakansiewerk op Spookkuil, ’n gasteplaas in Bobbejaanskloof. Milan, Andante en Nova het gemengde gevoelens oor hulle akkommodasie, ’n boomhuis naby die kuil wat aan die plaas sy naam gegee het en waaruit daar snags ‘n grillerige mis opstyg. Gou besef hulle dat die vakansiewerk net ’n dekmantel is: hulle is eintlik daar om uit te vind wie van die eksentrieke gaste met die eienaar se raar fossielversameling peuter. Andante voel veral geaffekteer deur die vreemde gebeure op die plaas. Wie is die geheimsinnige ou wat sy by die kuil ontmoet en waarom fassineer hy haar so? En watter raaisel is opgesluit in die sterretjiesdagboek wat sy in die ou huis se solder ontdek?

Oor die skrywer

Troula Goosen het in 2008 ’n skryfkursus voltooi en skryf sedertdien kortverhale, novelles en jeugromans. In 2016 sy met ’n ATKV-Woordveertjie bekroon. Sy is bekend vir haar reeks jeugromans met historiese agtergronde, soos Raaiselster, Raaiselsee en Raaiselklip. Sy bied graag werkswinkels oor kreatiewe skryfwerk aan. Troula woon in Stellenbosch.

Publikasiedatum: 24 Julie 2023

Prys: R185,00

Bladsye : 196

Formaat: 198mm x 130mm

Bindstyl: Sagteband

Kategorie: 12-14 jaar

ISBN-13: 9780798183628

* Prys onderhewig aan verandering

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest