Dis mos nou Afrikaans!

Voel Afrikaans soms vir jou soos ‘n vreemde taal? Dis mos nou Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op ‘n reis om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale matriekeksamen met vlieënde vaandels kan slaag. Die boek is ‘n omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel onderwysers as leerders gebruik kan word. Die skrywers het saam meer as 50 jaar ervaring van Afrikaans EAT-onderrig en 11 jaar as nasieners in die Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen. Die afdelings word prakties ingedeel volgens die vraestelle wat leerders in die NSS-eksamen skryf. Vraestel 1: Leesbegrip, opsomming en taal. Vraestel 2: Letterkunde. Vraestel 3: Kreatiewe en transaksionele skryf. Vraestel 4: Mondeling. Verder is daar woordeskatlyste en wenke oor hoe om sleutelwoorde in vrae te herken.

Oor die skrywers

Henriette Turner was 20 jaar lank Afrikaansvakhoof by een van die beste Engelsmedium staatskole in die land. Sy woon saam met haar man, Dave, en lieflingkat, Loesjke, in Rondebosch in ’n gesellige kothuis vol boeke, plante, kerse en kleurvolle kunswerke.

Suneen Laing is ’n kreatiewe, leergierige digitale foendie met ’n groot liefde vir Afrikaans, geskiedenis, reis, lees, fantasie-films en haar boerboelkind, Zuri. Sy dien tans as vise-hoof en Hoof van Media van haar skool. Sy woon in Rondebosch.

Best Books is ‘n druknaam van NB-Uitgewers.

Vir meer inligting besoek NB-Uitgewers se webtuiste deur hier te klik.

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest