Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse- Harry Potter 2 (2024 ed)

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur.

En vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme deur leë gange – en dan begin die aanvalle. Studente
word versteen gevind asof hulle in klip verander is . . . Dit lyk of Dobby se sinistere voorspellings waar word.

Uiteindelik is hierdie wêreldberoemde reeks weer terug in Afrikaans!

Oor die skrywer


J.K. Rowling is die bekendste skrywer van kinderboeke ter wêreld. Sy is beroemd vir die Harry Potter-reeks. Sy het die idee vir Harry Potter tydens ‘n treinreis in 1990 opgedroom en die eerste boek is in 1997 gepubliseer. Die reeks, voltooi in 2007, het 600 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop en het wêreldberoemde films geïnspireer.


Boeke beskikbaar as e-boeke is beskikbaar by die volgende e-boekwinkels:

Amazon

Kobo Books

Snapplify

Publikasiedatum: 20 Mei 2024
Prys: R250,00
Bladsye: 240
Formaat: 234mm x 152mm
Bindstyl: Sagteband
Kategorie: 12-14 jaar
ISBN-13: 9780798184397
Barcode: 9780798184397
Uitgawe: 1
Druk: 0

  • Prys onderhewig aan verandering

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest