Harry Potter en die Towenaar se Steen- Harry Potter 1 (2024 ed)

Deur J.K. Rowling

Harry Potter het nog nooit eens van Hogwarts gehoor toe die briewe
op die deurmatjie voor Privetlaan nommer vier begin verskyn nie. Die koeverte met die groen ink en pers stempel op vergeelde perkamentpapier word egter vinnig deur sy mislike oom en tante gekonfiskeer. Maar dan, op Harry se elfde verjaardag, bars ‘n reus van ‘n man met lang, ruie hare en ‘n woeste gekoekte bos baard by die voordeur in. Die reus stel homself voor as Hagrid en hy bring verstommende nuus: Harry is ‘n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. ‘n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!

Uiteindelik is hierdie wêreldberoemde reeks weer terug in Afrikaans.

Oor die skrywer

J.K. Rowling is die bekendste skrywer van kinderboeke ter wêreld. Sy
is beroemd vir die Harry Potter-reeks. Sy het die idee vir Harry Potter
tydens ‘n treinreis in 1990 opgedroom en die eerste boek is in 1997
gepubliseer. Die reeks, voltooi in 2007, het 600 miljoen eksemplare
wêreldwyd verkoop en het wêreldberoemde films geïnspireer


Boeke beskikbaar as e-boeke is beskikbaar by die volgende e-boekwinkels:

Amazon

Kobo Books

Snapplify

Publikasiedatum: 19 April 2024
Prys: R250,00
Bladsye: 224
Formaat: 234mm x 152mm
Bindstyl: Sagteband
Kategorie: 12-14 jaar
ISBN-13: 9780798184380
Barcode: 9780798184380
Uitgawe: 2
Druk: 0

  • Prys onderhewig aan verandering

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest