Leer jou kinders om slim te wees met hulle slimfone

  • PROMOSIE ARTIKEL

Ouers, ons het nodig om ons kinders te leer om verantwoordelik te wees wanneer hulle hul slimfone gebruik. Sosiale media (en die internet) het amper soos ’n TATOE geword,” sê dié sosialemediakenner en stigter van Magriet.co, ’n aanlyn Sosiale Media Besigheidskool. Sy waarsku dat dit wat jy vandag plaas, nog vir jare daarna by jou kan spook. “As iets eers op die internet is, is dit vir altyd deel van ons lewens,” sê Magriet ernstig. 

Hierdie kreatiewe kenner se passie is om entrepreneurs, besigheidseienaars en influencers te bemagtig om hulle aanlyn-voetspoor te vergroot en sodoende hulleself, en hulle produkte, beter te bemark. Sy is egter baie bekommerd oor die jonger generasie en volwassenes se gebrek aan kennis oor sosiale media en hoe om hulle kinders aanlyn te lei, monitor, bestuur en te beskerm.

Sy doen ’n ernstige beroep op ouers om hulle kinders te leer om SLIM te wees met hulle fone en altyd te onthou dat “skermgreep” die hele prentjie kan verander. “As iemand ’n skermgreep van jou plasing geneem het voordat jy dit kan verwyder, het jy nie meer beheer daaroor nie,” waarsku sy.

Ouers moet oplettend wees en vir hulle kinders die volgende leer:

Voordat hulle iets plaas, moet hulle hulself afvra of dié plasing of inhoud deur die volgende mense gesien kan word:

  1. Hulle ouers of grootouers?
  2. Hulle vriende se ouers?
  3. Hulle onderwysers of skoolhoof?
  4. Die polisie?
  5. Swendelaars of pedofiele?
  6. Toekomstige universiteite of kolleges?
  7. Toekomstige werkgewers?

“As die antwoord op enige van hierdie vrae NEE is, moet hulle NIE DIE PLASING MAAK NIE,” sê Magriet.

Volgens Magriet, kan sosiale media en die internet groot voordele vir die jonger garde inhou, maar dat dit ouers se verantwoordelikheid is om seker te maak dat hulle dit veilig gebruik.

Gedurende haar sewe opwindende jare in die bedryf, het sy al saam met verskeie bekendes gewerk, waaronder Schalk Bezuidenhout, Minki van der Westhuizen, Hykie Berg, Karlien van Jaarsveld, Simoné Pretorius (Nortmann), Leandie du Randt, Anel Alexander, Erns Grundling, Neels van Jaarsveld, Nic Rabinowitz, Dr. Kobus Neethling, Katinka die Kat, Angelique Gerber, Tumi Morake, Nico Panagio, Wouter Snyman, Rob van Vuuren, Andriëtte Norman, Suna, Dozi, en nog vele meer.

Buiten vir ’n honneursgraad in bemarking, het sy ook verskeie internasionale sosialemedia-bemarkingskwalifikasies agter haar naam.

Klik hier vir meer inligtng wat ouers kan toerus:

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest