Lekker Liewe Heksie-stories

’n Leesboek-omnibus

Liewe Heksie is seker die bekendste kinderboek-karakter in Afrikaans en Verna Vels se tydlose verhale sorg al vir meer as 50 jaar dat kinders die genot van lees en boeke ontdek. Die onskuldige, vriendelike heksie, Levinia, en al die bewoners van Blommeland laat oud en jonk steeds skater met hulle manewales. Vian Oelofsen se lewendige illustrasies sorg dat Liewe Heksie en haar maats se
avonture nog net so bekoorlik is soos altyd. Hierdie omnibus bevat 10 van die gewildste Liewe Heksie-stories, met eenvoudige teks en kleurvolle prente om dit perfek te maak vir voorlees en beginners wat self lees.

Oor die skrywers
Verna Barbara Robertson Vels is op 13 Junie 1933 op Reitz in die Vrystaat gebore. Die Liewe Heksie-stories is aanvanklik as radioverhale aangebied en die eerste een is in 1961 op die kinderprogram Siembamba uitgesaai.

Vian Oelofsen is ’n Leesboek-omnibus voltydse kinderboekskrywer en -illustreerder. Hy werk vir plaaslike, sowel as internasionale uitgewers en het al meer as 50 boeke vir kinders geïllustreer. Hy is veral bekend vir sy illustrasies van die gewilde Liewe Heksie en Haas Das-reekse. Hy woon in Stellenbosch.

Publikasiedatum: 17 Maart 2023
Prys:
R250,00
Bladsye: 208
Formaat: 240mm x 170mm
Bindstyl: Sagteband
Kategorie: 6-9 jaar
ISBN-13: 9780798183567

  • Prys onderhewig aan verandering

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest