Nou beskikbaar: Wie skrik vir Wortel Wolf?

Wat gebeur wanneer Gouelokkies, die drie varkies en die seuntjie wat te veel kere “wolf” geroep het, paaie kruis met ’n vegetariese wolf? Wees gereed, want al ken jy en die kleingoed elke kinkel in die sprokies Die drie varkies, Rooikappie en Die seun wat Wolf! geskree het, word dié stories op hul kop gekeer in Leon-Ben Lamprecht se boek Wie skrik vir Wortel Wolf?

Dié gewilde boek, met illustrasies deur Nicolene Louw, is ideaal vir kinders tussen ses en nege jaar oud. Dit het verlede jaar by Tafelberg verskyn en vertel die verhaal van Wortel, ’n wolf met ’n ietwat onwaarskynlike geaardheid. Dié unieke karakter is op soek na knoffel en klop aan by die drie varkies wat onlangs in sy straat ingetrek het. Hy loop Rooikappie in die bos raak en in Namakwaland red hy oom Jan se skape uit die kloue van sy bekende aartsvyand – jakkals! As die kinders smag na ’n aweregse weergawe van sprokies, is Wie skrik vir Wortel Wolf? die ideale manier om te ontspan én te skaterlag.

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest