Platsak maak ‘n plan

Deur Anneke Langner

Die veertienjarige Ethan droom daarvan om eendag ʼn rugbyster te word. Hy is baie geheg aan Leo, ‘n Jack Russell-hondjie wat hy by die DBV aangeneem het. Op ʼn dag kondig Ethan se pa aan dat hulle gesin Nieu-Seeland toe emigreer en dat hulle nie kan bekostig om Leo saam te neem nie. Ethan begin dadelik planne beraam om geld in te samel, want ʼn lewe sonder sy beste vriend is ondenkbaar. R40 000 is baie geld, en drie maande is baie min tyd . . .

“Die verhaal, beurtelings vertel vanuit die perspektief van Ethan en sy hondemaat, Leo, speel, met uitsondering van die pro- en epiloog, oor die verloop van ʼn paar maande af. Die probleem waarmee die karakters gekonfronteer word, word kenmerkend aan die genre, reeds in die eerste hoofstuk duidelik wanneer Ethan se pa aankondig dat die gesin binnekort na Nieu-Seeland gaan verhuis. Dié onverwagse aankondiging versteur Ethan se vertroude wêreld en bring verskeie uitdagings mee, waarvan die belangrikste om geld bymekaar te maak om Leo saam te kan neem na die nuwe land. Ook ander ervarings van verlies wat met emigrasie gepaard gaan, is in die storie verweef, soos verlore sportgeleenthede, versurende vriendskapsverhoudings, probleme by die skool – probleme waarmee die meeste jong lesers hulle kan vereenselwig.

  • Prof. Franci Greyling (NWU)


Boeke beskikbaar as e-boeke is beskikbaar by die volgende e-boekwinkels:

Amazon

Kobo Books

Snapplify

ISBN: 9781776073085

Uitgewer: Best Books

Datum Vrygestel: April 2024

Prys (incl. VAT): R 170,00

Formaat: Sagteband, 144pp

Teken in op ons nuusbrief

Wees die eerste om die jongste nuus en meer te ontvang!

Teken in op die Kollig-nuusbrief en bly betrokke

Nuusbrief/Newsletter

Jy het suksesvol ingeteken!

Pin It on Pinterest